JOSUA 9:1-26

JOSUA 9:1-26 Bybel vir almal (ABA)

Al die konings wes van die Jordaan-rivier het gehoor wat gebeur het. Die konings het gewoon in die berge en in die Laeveld en langs die Groot See tot teen die Libanon-berg. Hulle was die konings van die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete. Die konings het bymekaargekom om saam oorlog te maak teen Josua en die Israeliete. Die mense wat in die stad Gibeon gewoon het, het gehoor wat Josua gedoen het met die stede Jerigo en Ai. Hulle maak toe self 'n slim plan. Hulle het besluit om te maak of hulle boodskappers is. Hulle het ou saalkleedjies geneem vir hulle donkies, en ou wynsakke wat geskeur het en wat hulle toegebind het. Hulle het ou sandale aangetrek wat hulle reggemaak het, en hulle het ou klere gedra. Hulle padkos was droë krummels. Hulle het na Josua toe gegaan in die kamp by Gilgal en hulle het vir hom en die leiers van die Israeliete gesê: “Ons kom van 'n ver land, en nou moet julle 'n ooreenkoms maak met ons.” Die leiers van die Israeliete het vir die Hewiete gesê: “Julle woon miskien hier naby ons, en dan kan ons nie 'n ooreenkoms maak met julle nie.” Hulle sê toe vir Josua: “Ons sal vir julle werk.” Josua vra toe: “Wie is julle en van waar kom julle?” Hulle het vir hom gesê: “Ons kom van 'n baie ver land. Maar ons het die Naam van jou God die Here gehoor, en ons het gehoor van alles wat Hy in Egipte gedoen het. Ons het ook gehoor van alles wat Hy gedoen het aan die twee konings van die Amoriete oos van die Jordaan-rivier: koning Sihon van Gesbon en koning Og van Basan. Og het in Astarot gewoon. Ons leiers en al die mense in ons land het vir ons gesê: ‘Julle moet padkos saamneem en julle moet na die Israeliete toe gaan en vir hulle sê: “Ons wil vir julle werk, daarom moet julle 'n ooreenkoms maak met ons.” ’ Kyk ons brood, dit was warm toe ons dit uit ons huise saamgeneem het en na julle toe gekom het, en kyk, nou is dit droë krummels. Hierdie wynsakke was nuut toe ons hulle volgemaak het, en kyk, hulle het gebars. En hier is ons klere en ons sandale, hulle het oud geword op die lang pad waar ons geloop het.” Die Israeliete het van die padkos geëet, maar hulle het nie vir die Here gevra wat hulle vir die boodskappers moet sê nie. Josua het vrede gemaak met die Gibeon-mense. Hy het 'n ooreenkoms gemaak met hulle en gesê dat hy hulle nie sal doodmaak nie. Die leiers van die volksvergadering het dit belowe en hulle het gesê die Here is die getuie. Maar drie dae nadat hulle die ooreenkoms gemaak het, het hulle gehoor dat dit mense is wat baie naby woon. Toe die Israeliete verder gaan, het hulle op die derde dag by die stede van die Gibeon-mense gekom. Die stede was Gibeon, Kefira, Beërot en Kirjat-Jearim. Maar die Israeliete het nie die Gibeon-mense doodgemaak nie, want die leiers van die volksvergadering het belowe dat hulle dit nie sal doen nie, en hulle het gesê die Here, die God van Israel, is die getuie. Die hele volksvergadering het hulle leiers beskuldig, maar al die leiers het vir hulle gesê: “Ons het self vir hulle belowe dat ons hulle nie sal doodmaak nie en ons het gesê die Here, die God van Israel, is die getuie. Daarom kan ons hulle nie nou aanval nie. Ons moet doen wat ons belowe het, ons moet hulle laat lewe. As ons dit nie doen nie, dan sal die Here kwaad word vir ons, want ons het belowe en ons het gesê Hy is die getuie.” Die leiers het vir die Israeliete gesê hulle moet die Gibeon-mense laat lewe, maar die Gibeon-mense moes van toe af hout kap en water skep vir al die Israeliete. Die leiers het vir hulle gesê hulle moet dit doen. Josua het die Gibeon-mense geroep en hy het vir hulle gesê: “Julle woon hier naby ons. Hoekom het julle ons bedrieg? Hoekom het julle vir ons gesê julle woon baie ver van ons? Daarom vervloek ek julle nou. Julle sal altyd slawe moet wees, julle sal die hout moet kap en die water moet skep vir die tempel van my God.” Die Gibeon-mense sê toe vir Josua: “Ons het dit gedoen omdat ons gehoor het dat jou God die Here vir sy dienaar Moses gesê het dat Hy die hele land vir julle gee en dat Hy almal in die land sal doodmaak om plek te maak vir julle. Toe ons dit hoor, het ons baie bang geword. Ons was bang dat julle ons sal doodmaak, daarom het ons hierdie ding gedoen. Hier is ons nou, jy kan met ons doen wat jy besluit.” Josua het toe dít gedoen: Hy het gekeer sodat die Israeliete nie die Gibeon-mense doodmaak nie

JOSUA 9:1-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor, het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg. Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het, het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was; ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld. So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van 'n ver land af; sluit dan nou 'n verbond met ons. Maar die manne van Israel het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan 'n verbond met julle sluit? Toe sê hulle vir Josua: Ons is u dienaars! Daarop het Josua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan? En hulle sê vir hom: U dienaars kom van 'n baie ver land af, vanweë die Naam van die HERE u God; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het; en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Ástarot was. Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou 'n verbond met ons. Ons brood hier — warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan — kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword. En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het — kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene — hulle is verslyt deur die baie lang reis. Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die HERE het hulle nie geraadpleeg nie. En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle 'n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met 'n eed beloof. Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon. Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim. Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer. Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie. Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie. Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het. Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af — terwyl julle tussen ons in woon? Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie. Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die HERE u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen. Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel. Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.

JOSUA 9:1-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

Al die konings wes van die Jordaan, dié in die Bergland, in die Laeveld, aan die hele kus van die Groot See en tot regoor die Libanon, die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, het van Josua gehoor en hulle het eendragtig saamgestaan om teen hom en Israel te veg. Maar toe die inwoners van Gibeon hoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het, het hulle 'n slim plan gemaak. Hulle het padkos ingepak; hulle het verslete saalsakke op hulle donkies saamgeneem en verslete wynsakke wat geskeur en weer toegewerk was; aan hulle voete was verslete, gelapte skoene en hulle het verslete klere aangehad; al hulle padkos was droog en verkrummel. Hulle het na Josua toe in die kamp by Gilgal gegaan en vir hom en die Israeliete gesê: “Ons kom uit 'n ver land en ons kom vra dat u met ons 'n verdrag sluit.” Die Israeliete het vir die Gibeoniete, wat Hewiete was, gesê: “Dalk woon julle hier tussen ons. Hoe kan ons dan met julle 'n verdrag sluit?” Hulle het vir Josua gesê: “Ons wil u onderdane wees.” “Maar wie is julle en waar kom julle vandaan?” vra Josua. En hulle antwoord: “Ons kom uit 'n baie ver land; ons kom op grond van die roem van die Here u God. Ons het van Hom gehoor en van alles wat Hy met Egipte gedoen het, en ook van alles wat Hy met die twee Amoritiese konings oorkant die Jordaan gedoen het, met koning Sihon van Gesbon en met koning Og van Basan wat in Astarot gewoon het. Ons leiers en al die inwoners van ons land het vir ons gesê: Vat padkos saam en gaan die Israeliete tegemoet en sê vir hulle: Ons wil onderdane wees; wil u nie met ons 'n verdrag sluit nie? Kyk ons brood, dit was nog warm toe ons dit uit ons huise gebring het om vir padkos saam te vat die dag toe ons na u toe vertrek het, en nou is dit droog en verkrummel. En kyk ons wynsakke wat nuut was toe ons hulle vol gemaak het, nou is hulle vol barste. Kyk hoe verslete is ons klere en ons skoene van die lang pad.” Die Israeliete het na die padkos gekyk, maar nie die Here geraadpleeg nie. Josua het die Gibeoniete goed behandel en met hulle 'n verdrag gesluit dat hulle lewens gespaar sal word. Die leiers van die volksvergadering het dit met 'n eed bevestig. Drie dae nadat die verdrag gesluit is, het die Israeliete gehoor dat die Gibeoniete hulle bure is en tussen hulle woon. Die Israeliete het dadelik vertrek en op die derde dag by die stede van die Gibeoniete aangekom. Die stede was Gibeon, Kefira, Beërot en Kirjat-Jearim. Die Israeliete het hulle nie aangeval nie omdat die leiers van die volksvergadering 'n eed teenoor die Gibeoniete afgelê het voor die Here die God van Israel, maar die hele volk het teen die leiers gemor. Die leiers het vir die volk gesê: “Ons het 'n eed teenoor hulle afgelê voor die Here die God van Israel. Ons kan hulle nie nou aanval nie. Ons moet ons woord hou en hulle lewens spaar sodat die eed wat ons teenoor hulle afgelê het, nie die straf van God op ons bring nie.” Die leiers het verder ook nog vir die volk gesê: “Laat hulle lewe, maar dan moet hulle houtkappers en waterdraers van die hele volk word.” Nadat die leiers met die Israeliete gepraat het, het Josua die Gibeoniete geroep en vir hulle gesê: “Hoekom het julle ons bedrieg? Julle het gesê julle woon baie ver van ons af en al die tyd woon julle tussen ons. Daar rus nou 'n vloek op julle. Julle sal altyd slawe wees: houtkappers en waterdraers vir die huis van my God.” Hulle het Josua geantwoord: “Daar is oor en oor aan ons vertel wat die Here u God vir sy dienaar Moses gesê het, naamlik dat Hy aan u die hele land gee en dat Hy al die inwoners van die land sal uitroei om vir u plek te maak. Ons het vir ons lewens gevrees, en daarom het ons dié ding gedoen. Ons is in u hande, doen met ons wat goed en reg is in u oë.” Josua het toe só gemaak: hy het hulle beskerm teen die Israeliete dat dié hulle nie doodmaak nie

JOSUA 9:1-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Toe al die konings wat anderkant die Jordaan was, dit hoor – in die bergland, die Sjefela, en langs die hele kus van die Groot See tot teen die Libanon; dit is die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete – het hulle byeengekom en eenparig besluit om teen Josua en Israel te veg. Maar toe die inwoners van Gibeon hoor wat Josua aan Jerigo en Ai gedoen het, het hulle op hulle beurt slinks opgetree: Hulle het gegaan en vir hulle padkos voorberei, en hulle het verslete saalkleedjies vir hulle donkies en wyn in verslete leersakke, wat gebars en toegewerk was, saamgeneem. Daar was verslete en gelapte sandale aan hulle voete, en die klere aan hulle was ook verslete. Al die brood van hulle padkos was droog; dit het krummels geword. Hulle het na Josua in die kamp by Gilgal gegaan, en vir hom en die manne van Israel gesê: “Ons kom van 'n baie ver land; sluit daarom nou met ons 'n verdrag.” Maar die manne van Israel het die Hewiete geantwoord: “Miskien woon julle hier tussen ons – hoe kan ons dan met julle 'n verdrag sluit?” Hulle sê toe vir Josua: “Ons is u dienaars.” Josua het vir hulle gevra: “Wie is julle en waar kom julle vandaan?” Hulle het hom geantwoord: “Van 'n baie ver land het u dienaars gekom, oor die roem van die HERE u God; want ons het die berigte oor Hom gehoor: alles wat Hy in Egipte gedoen het, en alles wat Hy gedoen het aan die twee konings van die Amoriete wat oorkant die Jordaan was, aan Sihon, die koning van Gesbon, en aan Og, die koning van Basan, wat in Astarot was. Ons oudstes en al die inwoners van ons land het vir ons gesê, ‘Neem padkos met julle saam vir die reis en gaan hulle tegemoet. Sê vir hulle: “Ons is u dienaars; daarom, sluit nou met ons 'n verdrag.” ’ Hierdie brood van ons – warm het ons dit uit ons huise geneem as padkos die dag toe ons uitgegaan het om na julle te kom. En nou, kyk, dit is droog en het krummels geword. En hier is die leersakke met wyn wat ons volgemaak het toe dit nog nuut was. En kyk, dit het gebars! Hier is ons klere en ons sandale; dit is verslete van die baie lang reis.” Toe aanvaar die manne hulle woord op grond van hulle padkos. Maar die HERE se beslissing het hulle nie gevra nie. Josua het toe vir hulle vrede aangebied, en met hulle 'n verdrag gesluit om hulle te laat leef. Die leiers van die volksvergadering het dit vir hulle met 'n eed bevestig. Maar ná drie dae, nadat Israel met hulle 'n verdrag gesluit het, het hulle gehoor dat hulle bure is en tussen hulle woon. Die Israeliete het verder getrek en op die derde dag by hulle stede aangekom. Hulle stede was Gibeon, Kefira, Beërot en Kirjat-Jearim. Maar die Israeliete het hulle nie aangeval nie, omdat die leiers van die volksvergadering vir hulle voor die HERE, die God van Israel, 'n eed afgelê het. Die hele volksvergadering het teenoor die leiers gemor. Toe sê al die leiers vir die hele volksvergadering: “Ons het self vir hulle 'n eed afgelê voor die HERE, die God van Israel. Daarom kan ons nie aan hulle raak nie. Dit is wat ons aan hulle sal doen: Ons sal hulle laat leef, sodat 'n oordeel uit toorn ons nie tref oor die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.” Die leiers het dus vir die volksvergadering gesê: “Hulle sal leef.” Maar hulle het houtkappers en waterdraers geword vir die hele volksvergadering soos die leiers vir hulle gesê het. Josua het hulle ontbied en met hulle gepraat. Hy het gesê: “Waarom het julle ons mislei deur te sê, ‘Ons woon baie ver van julle af,’ terwyl julle tussen ons woon? Daarom, vervloek is julle! Julle sal julle knegskap nie kan afskud nie; houtkappers en waterdraers sal julle wees vir die huis van my God.” Hulle het Josua geantwoord en gesê: “Omdat daar duidelik berig gebring is aan u dienaars dat die HERE u God sy dienskneg Moses beveel het om die hele land aan julle te gee en om al die inwoners van die land voor julle uit te delg, het ons, as gevolg van julle, ernstig gevrees vir ons lewens, en so opgetree. Daarom, kyk, ons is in u hand. Soos dit goed en reg is in u oë, moet u met ons maak.” Dit is wat hy toe met hulle gedoen het: Hy het hulle gered uit die hand van die Israeliete, en hulle het hulle nie doodgemaak nie.

JOSUA 9:1-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En dit het gebeur toe al die konings wat aan die anderkant van die Jordaan was, op die heuwels en in die valleie en in al die kuste van die Groot See teenoor die Líbanon, die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en Jebusiete het daarvan gehoor; dat hulle bymekaargekom het om eendragtig teen Josua en Israel te veg. En toe die inwoners van Gibeon hoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het, Hulle het listig gewerk en gegaan en gemaak asof hulle gesante was, en ou sakke op hulle esels geneem en wynsakke, oud en geskeur en gebind; En ou skoene en gewonne aan hulle voete, en ou klere daarop; en al die brood van hulle voedsel was droog en muf. En hulle het na Josua gegaan in die laer by Gilgal en vir hom en die manne van Israel gesê: Ons het van 'n ver land af gekom; sluit dan nou 'n verbond met ons. Toe sê die manne van Israel aan die Hewiete: Miskien woon julle onder ons; en hoe sal ons 'n liga met jou maak? En hulle het vir Josua gesê: Ons is u dienaars. En Josua sê vir hulle: Wie is julle? en waar kom julle vandaan? Toe sê hulle vir hom: Uit 'n baie ver land het u dienaars gekom ter wille van die Naam van die HERE u God, want ons het die gerug van hom gehoor en alles wat hy in Egipte gedoen het, En alles wat hy gedoen het aan die twee konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan was, aan Sihon, die koning van Hesbon, en aan Og, die koning van Basan, wat by Astarot was. Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem voedsel saam met julle op die reis en gaan hulle tegemoet en sê vir hulle: Ons is julle dienaars; sluit daarom nou 'n verbond met ons. Hierdie brood van ons het ons uit ons huise warm geneem as voedsel op die dag toe ons uitgegaan het om na julle te gaan; maar nou, kyk, dit is droog en dit is mummel; En hierdie sakke wyn wat ons volgemaak het, was nuut; en kyk, hulle het geskeur, en hierdie ons klere en ons skoene het oud geword vanweë die baie lang reis. En die manne het van hulle lewensmiddele geneem en geen raad gevra in die mond van die HERE nie. En Josua het vrede met hulle gesluit en met hulle 'n verbond gesluit om hulle te laat lewe; en die owerstes van die vergadering het vir hulle gesweer. En aan die einde van drie dae nadat hulle 'n verbond met hulle gesluit het, het hulle gehoor dat hulle hul bure was en dat hulle onder hulle gewoon het. En die kinders van Israel het weggetrek en op die derde dag by hulle stede aangekom. En hulle stede was Gibeon en Kefira en Beërot en Kirjat-Jeárim. En die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel. En die hele vergadering het teen die vorste gemurmureer. Maar al die vorste het aan die hele vergadering gesê: Ons het vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; daarom mag ons hulle nou nie aanraak nie. Dit sal ons aan hulle doen; ons sal hulle ook laat lewe, dat daar nie toorn oor ons kom vanweë die eed wat ons hulle gesweer het nie. En die vorste sê vir hulle: Laat hulle lewe; maar laat hulle houtkappers en waterputters wees vir die hele vergadering; soos die vorste hulle beloof het. En Josua het hulle geroep en met hulle gespreek en gesê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons is baie ver van julle af; wanneer julle onder ons woon? Daarom is julle vervloek, en niemand van julle sal verlos word van slawe en houtkappers en waterputters vir die huis van my God nie. En hulle het Josua geantwoord en gesê: Omdat dit aan u dienaars sekerlik meegedeel is dat die HERE u God sy dienaar Moses beveel het om aan u die hele land te gee en al die inwoners van die land voor u uit te verdelg, daarom het ons swaar gekry bang vir ons lewe oor jou, en het hierdie ding gedoen. En nou, kyk, ons is in u hand; doen soos dit goed en reg is in u oë om aan ons te doen. En so het hy met hulle gedoen en hulle verlos uit die hand van die kinders van Israel, sodat hulle hulle nie gedood het nie.

JOSUA 9:1-26 Die Boodskap (DB)

Toe die konings wes van die Jordaan - dié in die berggebiede en die laeveld en al langs die kus van die Middellandse See af tot so ver noord as by die Libanonberg - van Josua se oorwinnings hoor, het hulle hulle magte saamgesnoer om teen Josua en die Israeliete te veg. Hierdie konings was die leiers van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Die inwoners van Gibeon het gehoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het en hulle het besluit om hom om die bos te lei. Hulle het vir hulle padkos ingepak en ou, stukkende saalsakke op hulle donkies gesit en ook gehawende en gelapte wynsakke uitgesoek. Hulle het hulle oudste klere en stukkende skoene aangetrek. Die brood wat hulle as padkos saamgevat het, was al kliphard en uitgedroog. So is hulle toe daar weg Gilgal toe, waar die Israeliete se kamp was. Daar aangekom, sê hulle vir Josua: “Ons kom uit ’n ver land om julle te vra om met ons ’n ooreenkoms aan te gaan.” Die Israeliete het vir die Gibeoniete, wat Hewiete van afkoms was, gesê: “Ons is nie seker of ons ’n ooreenkoms met julle moet sluit nie. Wie sê julle bly nie sommer hier naby ons nie?” Hierdie Gibeoniete sê toe vir Josua: “Ons sal julle onderdane wees.” “Wie is julle en waar kom julle vandaan?” wou hy dadelik weet. Toe vertel hulle hom hierdie storie: “Ons kom van ’n baie ver land af na julle toe. Ons het gehoor van die groot dinge wat die Here julle God gedoen het. Ons weet wat in Egipte gebeur het en ook wat Hy met die twee Amoritiese konings oos van die Jordaan gedoen het: koning Sihon van Gesbon en koning Og van Basan, wat in Astarot gebly het. Daarom het ons leiers en ons mense vir ons gesê: ‘Vat vir julle padkos vir ’n lang reis en gaan praat met hierdie mense. Sê vir hulle dat ons bereid is om hulle dienaars te wees. Vra hulle om ’n ooreenkoms met julle te sluit om in vrede saam te leef.’ Kyk na ons padkos. Toe ons van ons huise af weg is na julle toe, was ons brood nog warm, so vars was dit. Maar kyk nou, nou is dit kliphard en verdroog! Kyk na ons wynsakke. Hulle was nuut toe ons hulle volgemaak het en nou is hulle vol barste. En sien julle hoe gehawend is ons klere en ons skoene? Dit is omdat ons so ver moes kom.” As ’n teken van vriendskap het die Israeliete toe saam met die Gibeoniete van hulle padkos geëet. Ongelukkig het hulle nie die Here daaroor geraadpleeg nie. Josua het ’n vredesverdrag met hulle gesluit. Die leiers van die volk het dit amptelik onderskryf. Drie dae nadat die ooreenkoms gesluit is, het die Israeliete uitgevind dat die Gibeoniete eintlik baie naby bly, sommer daar in dieselfde omgewing. Die Israeliete is onmiddellik daar weg om te gaan ondersoek instel. Na drie dae het hulle by die stede van die Gibeoniete aangekom: Gibeon, Kefira, Beërot en Kirjat-Jearim. Die Israeliete het hulle egter nie aangeval nie, omdat hulle leiers ’n eed in die Naam van die Here die God van Israel teenoor die Gibeoniete afgelê het. Hieroor was die volk ontsteld en het by die leiers gekla. Maar die leiers van Israel het gesê: “Ons het ’n eed voor die Here die God van Israel teenoor die Gibeoniete afgelê. Ons mag nou niks aan hulle doen nie. Ons moet hulle laat lewe, anders sal ons gestraf word omdat ons nie ons belofte gehou het nie. Laat hulle lewe. Maar ons het ’n ander voorstel. Hulle sal vir die res van hulle lewe vir ons moet water aandra en hout kap vir ons om te gebruik.” Toe laat roep Josua die mense van Gibeon en vra hulle: “Hoekom het julle ons bedrieg deur te sê julle bly ver van ons af terwyl julle geweet het dit is nie waar nie? As gevolg daarvan rus daar nou ’n vonnis op julle. Julle sal vir altyd diensknegte wees wat moet sorg dat daar genoeg hout en water vir die huis van my God is.” Hulle antwoord Josua: “Ons het dit gedoen, want van alle kante af het ons gehoor wat die Here julle God vir sy dienaar Moses gesê het. Hy het gesê dat Hy hierdie land vir julle as ’n besitting gee en dat julle al die inwoners daarvan moet uitroei. Daarom het ons julle bedrieg, want ons was bang julle maak ons ook dood. Ons is nou aan jou genade oorgelaat. Jy moet maar met ons doen wat jy dink is reg.” Josua het toe besluit om hulle nie dood te maak nie, aangesien hy nie die ooreenkoms met hulle wou verbreek nie.

JOSUA 9:1-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Al die konings wes van die Jordaan het hiervan gehoor. Dit was die konings van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Hulle het in die heuwelgebied, in die laagland en aan die kus van die Middellandse See tot so ver noord as die Libanonberge gebly. Hulle het ’n verdrag met mekaar gesluit om teen Josua en die Israeliete te veg. Ook die inwoners van Gibeon het gehoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het. Hulle het toe ’n slim plan gemaak. Hulle het mense na Josua gestuur. Die mense het verslete saalsakke oor hulle donkies gegooi en verslete wynsakke saamgevat wat geskeur en weer toegewerk was. Hulle het ou gelapte sandale en verslete klere aangetrek. Hulle het ou brood vir padkos saamgevat. Hulle het by Josua in die kamp by Gilgal aangekom en vir hom en die Israeliete gesê: “Ons kom van ’n ver land af. Ons wil graag met julle ’n verdrag sluit.” Die Israeliete het vir die Hewiete gevra: “Bly julle nie miskien hier naby ons nie? Ons kan dan nie met julle ’n verdrag sluit nie.” Hulle het egter vir Josua probeer gerusstel: “Ons is julle onderdane.” “Maar wie is julle regtig,” wou Josua weet, “en van waar af kom julle?” Hulle het geantwoord: “Ons kom van ’n baie ver land af. Ons het gehoor van die HERE u God en alles wat Hy met Egipte gedoen het. Ons het ook gehoor van alles wat Hy gedoen het met die twee Amoritiese konings Sihon van Gesbon en Og van Basan in Astarot aan die ander kant van die Jordaan. Ons leiers en die inwoners van ons land het ons beveel: ‘Vat kos vir die pad saam en gaan ontmoet die Israeliete. Sê vir hulle: Ons sal julle onderdane wees. Wil julle nie asseblief met ons ’n verdrag sluit nie?’ Hierdie brood wat ons vir padkos gevat het, was nog warm toe ons by die huis weg is. U kan sien dit is nou uitgedroog en verkrummel. Ons wynsakke was nog nuut toe ons hulle vol gemaak het, nou is hulle geskeur. Ons klere en ons skoene is verrinneweer van die lang pad.” Die Israeliete het die padkos bekyk. Hulle het egter nie by die HERE gaan raad vra nie. Josua het hulle gasvry behandel. Hy het met hulle ’n verdrag gesluit dat hulle lewens gespaar sal bly. Die leiers van die volk het die verdrag met ’n eed bevestig. Drie dae nadat hulle met die Gibeoniete hierdie verdrag gesluit het, het die Israeliete egter uitgevind dat die Gibeoniete eintlik hulle bure is en naby hulle woon. Die Israeliete het dadelik vertrek om ondersoek in te stel. Hulle het op die derde dag by die stede van die Gibeoniete aangekom. Die stede was Gibeon, Kefira, Beërot en Kirjat-Jearim. Die Israeliete het hulle nie aangeval nie. Die leiers van die volk het immers ’n eed voor die HERE die God van Israel afgelê! Die hele volk het egter gekla oor wat die leiers gedoen het. Die leiers het egter vir die volk gesê: “Ons het dan ’n eed voor die HERE die God van Israel vir hulle afgelê. Ons kan hulle mos nie nou aanval nie. Ons moet by die verdrag hou. Ons moet hulle laat bly leef sodat God nie op ons wraak neem as ons die eed verbreek wat ons teenoor hulle afgelê het nie. Laat hulle bly leef, maar hulle moet die volk se houtkappers en waterdraers word.” So het die leiers hulle gepaai. Josua het die Gibeoniete bymekaar geroep en vir hulle gevra: “Hoekom het julle ons so mislei? Julle het gesê dat julle baie ver van ons af bly, en hier woon julle al die tyd naby ons. Julle is vervloek. Van nou af sal julle die houtkappers en waterdraers vir die huis van my God wees.” Hulle het Josua geantwoord: “Dit is vir ’n feit aan u diensknegte vertel dat die HERE u God vir sy dienaar Moses opdrag gegee het om die land in besit te neem en al sy inwoners voor julle uit te wis. Ons was bang dat ons doodgemaak sal word. Ons het toe hierdie plan uitgedink. Ons is nou in u hand. U moet met ons maak soos dit vir u goed en reg is.” Josua het gekeer dat die Israeliete hulle doodmaak.