JOSUA 7:21
JOSUA 7:21 Bybel vir almal (ABA)
Ek het tussen die goed wat ons gevat het, 'n mooi bo-kleed gesien uit die land Sinar, en ook 200 sikkels silwer en 'n staaf goud wat 50 sikkels weeg. Ek wou dit graag hê en ek het dit gevat. Ek het dit in my tent begrawe. Die silwer is onder al die ander goed.”
JOSUA 7:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het naamlik een mooi mantel uit Sínear by die buitgoed gesien en tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binne-in my tent, en die silwer daaronder.
JOSUA 7:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
ek het onder die buit pragtige klere uit Sinar gesien en ook sowat twee kilogram silwer en 'n staaf goud van meer as 'n halwe kilogram; ek wou dit baie graag hê en ek het dit gevat. Dit is in die grond in my tent begrawe. Die silwer is heel onder.”
JOSUA 7:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het onder die buit een mooi koningsmantel uit Sinar, tweehonderd sikkel silwer en een staaf goud wat vyftig sikkel weeg, gesien. Ek het dit begeer en dit gevat. Kyk, dit is weggesteek in die grond, binne-in my tent. Die silwer is heel onder.”
JOSUA 7:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe ek onder die buit 'n mooi Babiloniese kleed sien en twee honderd sikkels silwer en 'n goudwig van vyftig sikkels gewig, het ek dit begeer en dit geneem; en kyk, hulle is verborge in die aarde in die middel van my tent, en die silwer daaronder.
JOSUA 7:21 Die Boodskap (DB)
Ek het onder die buit in Jerigo ’n pragtige mantel uit Babilonië gesien en ook sowat twee kilogram silwer en ’n staaf goud van meer as ’n halwe kilogram. Ek wou dit bitter graag gehad het. Daarom het ek dit maar vir my gevat. Ek het dit in my tent begrawe. Die silwer is dieper as die ander goed begrawe.”
JOSUA 7:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het tussen die buit pragtige klere uit Sinar gesien en ook silwer van ongeveer twee kilogram en ’n stuk goud van meer as ’n halwe kilogram. Ek het dit begeer en toe vir myself gevat. Dit is in die grond in my tent weggesteek. Die silwer lê onder.”