JOSUA 7:2 - Compare All Versions
JOSUA 7:2 ABA (Bybel vir almal)
Josua het mans gestuur van Jerigo na die stad Ai, naby die stad Bet-Awen, oos van die stad Bet-El. Josua het vir hulle gesê hulle moet gaan kyk hoe die plek is. Die mans het gegaan en hulle het gekyk hoe die stad Ai is.
JOSUA 7:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop het Josua manne van Jérigo af gestuur na Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van Bet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die land; en die manne het opgetrek en Ai verken.
JOSUA 7:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Josua het van Jerigo af manne gestuur na Ai toe, naby Bet-Awen, oos van Bet-El, en vir hulle gesê: “Gaan verken die land.” Die manne is toe weg en het Ai verken.
JOSUA 7:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Josua het manne uit Jerigo na Ai gestuur, wat by Bet-Awen, oos van Bet-El, lê. Hy het vir hulle gesê: “Trek op, verken die land.” Die manne het opgetrek en Ai verken.
JOSUA 7:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Josua het manne van Jérigo na Ai gestuur wat langs Bet-Aven is, aan die oostekant van Bet-el, en met hulle gespreek en gesê: Trek op en bekyk die land. En die manne het opgegaan en Ai bekyk.
JOSUA 7:2-3 DB (Die Boodskap)
Josua het van sy manne uit Jerigo uit na Ai toe gestuur, ’n stad oos van Bet-El, naby die dorp Bet-Awen, met die opdrag om die omgewing te gaan verken. Toe hulle dit gedoen het, het hulle teruggekom en vir Josua gesê: “Ai is maar ’n klein dorpie met min soldate. Dit is nie nodig om die hele leër te vat om hierdie dorpie in te neem nie; 2 000 of 3 000 soldate is genoeg.”
JOSUA 7:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Josua het manskappe van Jerigo af na Ai toe uitgestuur. Ai was naby Bet-Awen en oos van Bet-El. Hy het vir hulle gesê: “Gaan en verken die land.” Die mans het toe Ai gaan verken.