JOSUA 6:3-4
JOSUA 6:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet om die stad loop, almal wat kan oorlog maak. Julle moet ses dae lank elke dag een maal om die stad loop. Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring dra voor die kis. Op die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop terwyl die priesters die ramshorings blaas.
JOSUA 6:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank. En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas
JOSUA 6:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet om die stad loop; al die manne onder wapen moet een maal om die stad gaan, en dit moet julle ses dae lank doen. Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring voor die ark uit dra. “Die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop. Dan moet die priesters die ramshorings blaas
JOSUA 6:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle moet om die stad trek, al die krygsmanne. Jy moet een keer om die stad gaan. Ses dae lank moet jy só maak: Sewe priesters moet sewe •ramshorings voor die ark dra. Op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad trek, terwyl die priesters op die horings blaas.
JOSUA 6:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle moet die stad omsingel, al julle krygsmanne, en een maal om die stad gaan. So moet jy ses dae doen. En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; en op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek, en die priesters moet op die ramshorings blaas.
JOSUA 6:3-4 Die Boodskap (DB)
Jy en al jou soldate moet elke dag, vir ses dae, reg om die stad loop. Voor die verbondsark, wat julle elke dag saam met julle moet dra, moet sewe priesters loop, elkeen met ’n trompet. Op die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop terwyl die priesters op die trompette blaas.
JOSUA 6:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al die soldate moet een keer rondom die stad marsjeer. Doen dit vir die volgende ses dae. Sewe priesters wat elkeen ’n ramshoring dra, moet voor die ark loop. Op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad marsjeer. Die priesters moet dan hard op die ramshorings blaas.