JOSUA 6:22
JOSUA 6:22 Bybel vir almal (ABA)
Josua het vir die twee mans wat gaan kyk het hoe die land is, gesê: “Gaan na die huis van die prostituut en bring haar en al haar mense uit. Doen dit, want julle het dit vir haar belowe.”
JOSUA 6:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het.
JOSUA 6:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die twee manne wat die land moes verken, het Josua gesê: “Gaan na die huis van die prostituut toe en bring die vrou en al haar mense uit soos julle haar met 'n eed beloof het.”
JOSUA 6:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: “Gaan na die huis van die prostituut. Bring die vrou en al haar mense uit, soos julle haar met 'n eed beloof het.”
JOSUA 6:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Josua het aan die twee manne wat die land verken het, gesê: Gaan in die huis van die hoer en bring die vrou en alles wat sy het, daarvandaan uit, soos julle aan haar gesweer het.