JOSUA 6:13-16
JOSUA 6:13-16 Bybel vir almal (ABA)
Die sewe priesters het elkeen 'n ramshoring gedra en hulle het voor die kis van die Here geloop. Hulle het aangehou om die ramshorings te blaas. Die manne wat wapens gehad het, het voor hulle geloop, en die ander mense het agter die kis van die Here geloop. Die priesters het aangehou om die ramshorings te blaas. Hulle het op die tweede dag een maal om die stad geloop en toe het hulle teruggegaan na die kamp. Hulle het dit ses dae lank elke dag gedoen. Op die sewende dag het hulle vroeg opgestaan toe dit begin lig word, en hulle het dieselfde gedoen, maar hulle het toe sewe maal om die stad geloop. Hulle het net op hierdie sewende dag sewe maal om die stad geloop. En toe die priesters die sewende maal die ramshorings blaas, het Josua vir die manne gesê: “Julle moet skree om die oorlog te begin, want die Here sal julle laat wen teen die mense van hierdie stad.
JOSUA 6:13-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word. So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen. Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek. En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.
JOSUA 6:13-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die sewe priesters wat elkeen 'n ramshoring voor die ark van die Here uit moes dra, het die ramshorings geblaas terwyl hulle loop; die gewapende manne het voor hulle geloop, en die agterhoede het die ark van die Here gevolg. Terwyl hulle loop, het die ramshorings geblaas. Hulle het die tweede dag een maal om die stad geloop en het toe teruggegaan kamp toe. Dit het hulle ses dae gedoen. Die sewende dag het hulle vroeg, toe die rooidag breek, begin. Hulle het sewe maal om die stad gegaan, in dieselfde volgorde as tevore. Daardie dag het hulle dus sewe maal om die stad gegaan. Na die sewende maal het die priesters die ramshorings geblaas. Josua het vir die manskappe gesê: “Skreeu! Die Here gee die stad aan julle oor!
JOSUA 6:13-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en die sewe priesters wat die horings van sewe ramme voor die ark van die HERE dra, het aanhoudend op die ramshorings geloop en blaas. Die gewapende manne het voor hulle geloop, en die agterhoede het die ark van die HERE gevolg. Daar is aanhoudend op die ramshorings geblaas. Op die tweede dag het hulle een keer om die stad getrek en na die kamp teruggekeer. So het hulle dit ses dae lank gedoen. Op die sewende dag het hulle vroeg, toe die rooidag breek, opgestaan en op dieselfde manier sewe keer om die stad getrek. Net op daardie dag het hulle sewe keer om die stad getrek. Die sewende keer het die priesters op die ramshorings geblaas. Josua het vir die manskappe gesê: “Hef die oorlogskreet aan, want die HERE gee die stad aan julle!
JOSUA 6:13-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sewe priesters wat sewe ramshorings gedra het voor die ark van die HERE, het gedurigdeur gegaan en op die ramshorings geblaas; en die gewapendes het voor hulle uit gegaan; maar die beloning het agter die ark van die HERE aangekom, terwyl die priesters voortgegaan en op die ramshorings geblaas het. En op die tweede dag het hulle een keer die stad omsingel en na die laer teruggekeer; so het hulle ses dae gedoen. En op die sewende dag het hulle vroeg opgestaan teen die aanbreek van die dag en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; maar op dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek. En op die sewende keer, toe die priesters op die basuine blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE het aan julle die stad gegee.
JOSUA 6:12-16 Die Boodskap (DB)
Josua het die volgende môre vroeg weer dieselfde gedoen. Die priesters het die ark van die Here gedra met die sewe priesters wat op die trompette geblaas het vooraan. Die soldate het weer die voor- en agterhoede beman. Die priesters het die hele tyd op die trompette geblaas. Op hierdie tweede dag het hulle een maal om die stad geloop en daarna teruggekeer kamp toe. Ses dae lank het hulle elke dag presies dieselfde gedoen. Op die sewende dag het hulle met dagbreek opgestaan en soos gewoonlik op dieselfde manier om die stad geloop. Maar op hierdie dag het hulle sewe keer om die stad geloop. Toe hulle die sewende keer om is, het die priesters weer hard op die trompette geblaas. Toe sê Josua vir die volk: “Skree, want die Here gee die stad in julle mag oor!
JOSUA 6:13-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die sewe priesters met die ramshorings het voor die ark van die HERE geloop en op die ramshorings geblaas. Die soldate het voor hulle uit marsjeer. Die volk het agter die ark van die HERE aangekom. Die priesters het die hele tyd op die ramshorings geblaas. Op die tweede dag het hulle weer een keer om die stad geloop en teruggegaan na hulle kamp toe. So het hulle ses dae lank gemaak. Op die sewende dag het hulle vroeg opgestaan toe dit nog skemer was. Hulle het oudergewoonte om die stad gegaan, maar op hierdie dag sewe keer. Die sewende keer het die priesters die teken op die ramshorings gegee. Josua het vir die volk geskreeu: “Gee die kreet! Die HERE gee die stad vir julle!