JOSUA 4:7
JOSUA 4:7 Bybel vir almal (ABA)
dan moet julle vir hulle sê: ‘Toe die verbondskis van die Here deur die Jordaan-rivier gegaan het, het die water opgehou om te vloei. Daardie klippe is daar sodat die Israeliete altyd sal onthou wat gebeur het.’ ”
JOSUA 4:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
moet julle vir hulle sê: omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van die HERE by sy deurtog deur die Jordaan — die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as 'n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd.
JOSUA 4:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
moet julle vir hulle sê die Jordaan se water is voor die verbondsark van die Here afgesny; toe die ark deur die Jordaan moes gaan, is die rivier se water afgesny; daarom is hierdie klippe vir die Israeliete 'n blywende herinnering daaraan.”
JOSUA 4:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
moet julle vir hulle sê dat die water van die Jordaan afgesny was voor die verbondsark van die HERE. Sê vir hulle, ‘Toe die ark deur die Jordaan moes gaan, is die water van die Jordaan afgesny; en hierdie klippe dien vir altyd as 'n herinnering aan die Israeliete.’ ”
JOSUA 4:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan moet julle hulle antwoord: Die waters van die Jordaan is afgesny voor die verbondsark van die HERE; as dit deur die Jordaan getrek het, is die waters van die Jordaan afgesny, en hierdie klippe sal vir ewig vir die kinders van Israel 'n gedenkteken wees.