JOSUA 4:5-6
JOSUA 4:5-6 Bybel vir almal (ABA)
en hy het vir hulle gesê: “Julle moet voor die kis van julle God die Here loop na die middel van die Jordaan-rivier, en julle elkeen moet 'n klip optel en op sy skouer sit, een klip vir elke stam van die Israeliete. Die klippe moet vir julle 'n teken wees. Wanneer julle kinders eendag vir julle vra: ‘Wat beteken daardie klippe vir julle?’
JOSUA 4:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van die HERE julle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle 'n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel, sodat dit 'n teken onder julle kan wees. As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?
JOSUA 4:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
en hy sê vir hulle: “Gaan by die ark van die Here julle God verby tot in die middel van die Jordaan en tel elkeen 'n klip op die skouer, in ooreenstemming met die getal stamme van die Israeliete. Dit moet onder julle as 'n teken dien. Wanneer julle kinders julle eendag vra: ‘Wat beteken hierdie klippe vir u?’
JOSUA 4:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua het vir hulle gesê: “Gaan voor die ark van die HERE julle God uit tot in die middel van die Jordaan, en tel elkeen dan self 'n klip op sy skouer, net soveel as die stamme van die Israeliete, sodat dit kan dien as 'n teken onder julle. Wanneer julle kinders in die toekoms vra, ‘Wat beteken hierdie klippe vir julle?’
JOSUA 4:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josua sê vir hulle: Trek voor die ark van die HERE julle God oor in die middel van die Jordaan, en neem elkeen van julle 'n klip op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel. Sodat dit 'n teken onder julle kan wees, dat wanneer julle kinders hulle vaders in die toekoms vra en sê: Wat bedoel julle met hierdie klippe?
JOSUA 4:5-6 Die Boodskap (DB)
en sê vir hulle: “Loop tot in die middel van die Jordaan, by die ark van die Here verby. Daar moet julle elkeen ’n klip optel en dit op julle skouers uitdra, een klip vir elkeen van die twaalf stamme. Hierdie klippe sal die mense herinner aan wat die Here gedoen het. As julle kinders dan eendag vir julle vra: ‘Wat beteken hierdie klippe vir julle?’
JOSUA 4:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sê vir hulle: “Gaan by die ark van die HERE julle God verby tot in die middel van die Jordaan. Elkeen moet ’n klip op sy skouer tel sodat daar vir elke stam een is. Ons sal daarmee ’n gedenkteken bou. Julle kinders sal julle in die toekoms vra: ‘Waaraan herinner hierdie klippe julle?’