JOSUA 3:9-17
JOSUA 3:9-17 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het Josua vir die Israeliete gesê: “Julle moet nader kom hiernatoe en julle moet hoor wat sê julle God die Here.” Josua het gesê: “Ek sal vir julle sê hoe julle sal weet dat die God wat lewe, tussen julle sal wees. Hy is die God wat die Kanaäniete, die Hetiete, die Hewiete, die Feresiete, die Girgasiete, die Amoriete en die Jebusiete sal wegjaag om plek te maak vir julle. Hy sál dit doen, dit is seker. Julle sal sien dat die verbondskis van die Here van die hele aarde voor julle oor die Jordaan-rivier sal gaan. Daarom moet julle twaalf manne kies, een uit elke stam van Israel. Die priesters sal die kis van die Here dra, die Here van die hele aarde, en wanneer die priesters se voete in die water staan, dan sal die water wat van die bokant kom, ophou om af te vloei. Die water sal soos 'n wal bly staan.” Die priesters wat die verbondskis gedra het, was voor die volk toe hulle uit hulle kamp gekom het om na die Jordaan-rivier te gaan. Dit was die tyd om die koring af te sny, en dan was die Jordaan-rivier altyd vol water, tot oor sy walle. Toe die priesters wat die kis gedra het, by die Jordaan-rivier kom, en hulle sit hulle voete in die water, het die water wat van die bokant gekom het, opgehou vloei. Die water was soos 'n hoë wal, en al die water tot ver by die stad Adam het opgehou vloei. Adam was 'n stad naby die stad Saretan. Die water by die onderkant het weggevloei na die Sout-see, die see in die Jordaan-vallei. Al die Israeliete kon deur die droë rivier loop oorkant die stad Jerigo. Al die Israeliete het op droë grond oorgeloop. Die priesters wat die verbondskis van die Here gedra het, het op droë grond in die Jordaan-rivier gestaan totdat al die mense klaar oorgeloop het.
JOSUA 3:9-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van die HERE julle God. Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar 'n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe: Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in. Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man uit elke stam; en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word — die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan. En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat die verbondsark dra, op die voorpunt van die volk, en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes, bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo. Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.
JOSUA 3:9-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josua het vir die Israeliete gesê: “Kom nader, luister na die woorde van die Here julle God!” Daarna sê hy: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete sekerlik sal verdryf om vir julle plek te maak: kyk, die verbondsark van die Here van die hele aarde sal voor julle uit die Jordaan in gaan. Wys nou twaalf man aan uit die stamme van Israel, een uit elke stam. Wanneer die voetsole van die priesters aan die Jordaan se water raak, die priesters wat die ark van die Here dra, die Here van die hele aarde, sal die water van die Jordaan wat afkom, afgesny word en op een hoop gaan staan.” Die volk het toe van hulle tente af vertrek om deur die Jordaan te trek. Die priesters wat die verbondsark gedra het, was voor hulle. Die draers van die ark het by die Jordaan aangekom. Gedurende die hele oestyd is die Jordaan gewoonlik vol, oor al sy oewers. Toe die voete van die priesters wat die ark dra, in die vlakwater kom, het die water wat afkom, gaan staan. Dit het op een hoop gaan staan, ver boontoe by Adam, die stad langs Saretan. Die water wat afloop na die see in die Jordaanvallei, die Soutsee, was heeltemal afgesny. Die volk het regoor Jerigo deurgetrek. Die priesters wat die verbondsark van die Here dra, het daar binne in die Jordaan op die droë bedding gaan staan terwyl die hele Israel oor die droë bedding deurgaan tot die hele nasie uiteindelik deur die Jordaan is.
JOSUA 3:9-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua het vir die Israeliete gesê: “Kom nader en luister na die woorde van die HERE julle God.” Josua het ook gesê: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God in julle midde is en dat Hy beslis die Kanaäniete, die Hetiete, die Hewiete, die Feresiete, die Girgasiete, die Amoriete en die Jebusiete voor julle sal verdryf: Kyk, die verbondsark, die Heer van die hele aarde, gaan voor julle uit, die Jordaan in. Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man vir elke stam. Wanneer die voete van die priesters wat die ark van die HERE, die Heer van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan tot rus kom, sal die water van die Jordaan, die water wat van bo af kom, afgesny word en in een massa opdam. ” Toe die volk wegtrek van hulle kampplek om die Jordaan oor te steek, was die priesters wat die verbondsark dra, voor die volk. Die Jordaan loop die hele oestyd kant en wal, maar net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die voete van die priesters wat die ark dra, in die water ingaan, het die water wat van die bokant af kom, gaan staan. Dit het 'n wal gevorm en opgedam – baie ver terug, vanaf Adam, die dorp langs Saretan. Die water wat na die See van die Araba, die Soutsee, vloei, is volledig afgesny. Die volk het toe deurgetrek, reg teenoor Jerigo. Terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, het die priesters wat die verbondsark van die HERE dra, in die middel van die Jordaan stewig op droë grond gestaan totdat die hele nasie die deurtog deur die Jordaan voltooi het.
JOSUA 3:9-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom hierheen en hoor die woorde van die HERE julle God. Toe sê Josua: Hieraan sal julle weet dat die lewende God onder julle is, en dat Hy die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete sonder versuim voor julle uit sal verdrywe, en die Jebusiete. Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde gaan voor julle uit na die Jordaan. Neem dan nou vir julle twaalf man uit die stamme van Israel, uit elke stam 'n man. En sodra die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die HERE van die hele aarde dra, in die waters van die Jordaan sal rus, sal die water van die Jordaan afgesny word van die waters wat van bo af neerdaal; en hulle sal op 'n hoop staan. En toe die volk uit hulle tente opgetrek het om deur die Jordaan te trek, en die priesters wat die verbondsark voor die volk gedra het; En toe die draers van die ark by die Jordaan aangekom het, en die voete van die priesters wat die ark dra, in die rand van die water gedoop is, want die Jordaan loop oor al sy walle al die tyd van die oestyd, Dat die waters wat van bo af neergedaal het, gestaan en opstyg het op 'n hoop baie ver van die stad Adam, dit is langs Saretan, en die wat afgekom het na die see van die vlakte, die Soutsee, het misluk en is uitgeroei: en die volk het regdeur Jérigo deurgetrek. En die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het standvastig op droë grond in die middel van die Jordaan gestaan, en al die Israeliete het op droë grond deurgetrek totdat die hele volk skoon deur die Jordaan getrek het.
JOSUA 3:9-17 Die Boodskap (DB)
Josua roep toe die Israeliete nader en sê vir hulle: “Kom hoor ’n bietjie wat die Here julle God vir julle te sê het. Soos julle die land intrek, sal Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uitdryf om vir julle plek te maak. Dan sal julle weet dat die lewende God saam met julle is. Die verbondsark van die Here wat oor die hele aarde heers, wat voor julle uit deur die Jordaanrivier gaan, bewys dit. Intussen moet julle solank vir julle twaalf mense as julle verteenwoordigers kies, een uit elke stam. Sodra die priesters wat die verbondsark dra hulle voete in die water sit, sal die Jordaan ophou vloei. Dan sal die rivier aan die een kant opdam.” Die volk het kamp opgebreek en gereedgemaak om deur die Jordaan te trek, met die priesters wat die verbondsark dra aan die voorpunt. Soos gewoonlik in die oestyd was die Jordaan tot oorlopens toe vol. Toe die voete van die priesters wat die ark van die ooreenkoms met die Here gedra het, aan die water raak, het die water dadelik opgehou vloei. Dit het aan die bopunt by Adam, die dorp naby Sartan, begin opdam. Aan die onderpunt van die Jordaan het die water bly wegvloei na die Dooie See toe totdat die rivier opgedroog het. Daarna het die volk regoor Jerigo deur die rivier begin trek. Intussen het die priesters wat die verbondsark van die Here gedra het in die middel van die droë rivierbedding bly staan terwyl die volk deurgetrek het. Hulle het daar bly staan totdat almal uiteindelik deur die Jordaan gestap het.
JOSUA 3:9-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Josua het toe vir die Israeliete gesê: “Staan nader hiernatoe dat julle kan hoor wat die HERE julle God sê.” Hy sê toe: “Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdryf om vir julle plek te maak. Die ark van die verbond van die Here van die hele wêreld sal voor julle uit deur die Jordaan gaan. Kies nou twaalf mans, een uit elke stam van Israel. Sodra die priester-draers van die ark van die HERE, die Heer van die ganse wêreld, se voete in die water van die Jordaan kom, sal die water wat van bo af vloei, begin opdam.” Toe die volk begin beweeg vanaf die plek waar hulle tente gestaan het om deur die Jordaan te trek, het die priesters wat die ark van die verbond dra voor hulle uit gegaan. Die priesters wat die ark dra, het by die Jordaan aangekom. Dit was oestyd en die Jordaan het oor sy oewers geloop. Toe die priesters wat die ark dra hulle voete in die vlak water sit, het die water wat van bo af vloei, begin opdam tot so ver op as Adam, die stad langs Saretan. Die water wat afloop na die see in die Jordaanvallei, die Dooie See, was heeltemal afgesny. Die volk kon toe regoor Jerigo deur die rivier gaan. Die priesters wat die ark van die verbond van die HERE dra, het binne-in die Jordaan op droë grond gaan staan. Almal van Israel het deur die droë bedding gegaan totdat die hele nasie uiteindelik deur die Jordaan was.