JOSUA 3:10 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JOSUA 3:10 AFR83 (Afrikaans 1983)
Daarna sê hy: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete sekerlik sal verdryf om vir julle plek te maak
JOSUA 3:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar 'n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe
JOSUA 3:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy sê toe: “Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdryf om vir julle plek te maak.
JOSUA 3:10 DB (Die Boodskap)
Soos julle die land intrek, sal Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uitdryf om vir julle plek te maak. Dan sal julle weet dat die lewende God saam met julle is.
JOSUA 3:10 ABA (Bybel vir almal)
Josua het gesê: “Ek sal vir julle sê hoe julle sal weet dat die God wat lewe, tussen julle sal wees. Hy is die God wat die Kanaäniete, die Hetiete, die Hewiete, die Feresiete, die Girgasiete, die Amoriete en die Jebusiete sal wegjaag om plek te maak vir julle. Hy sál dit doen, dit is seker.
JOSUA 3:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Josua het ook gesê: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God in julle midde is en dat Hy beslis die Kanaäniete, die Hetiete, die Hewiete, die Feresiete, die Girgasiete, die Amoriete en die Jebusiete voor julle sal verdryf
JOSUA 3:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Josua: Hieraan sal julle weet dat die lewende God onder julle is, en dat Hy die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete sonder versuim voor julle uit sal verdrywe, en die Jebusiete.