JOSUA 24:27
JOSUA 24:27 Bybel vir almal (ABA)
Josua het vir die hele volk gesê: “Hierdie klip sal vir ons 'n getuie wees, want die klip het alles gehoor wat die Here vir ons gesê het. Die klip sal die getuie wees sodat julle nie vals is met julle God nie.”
JOSUA 24:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal 'n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.
JOSUA 24:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir die hele volk gesê: “Sien julle dié klip? Hy sal die getuie teen ons wees. Hy het alles gehoor wat die Here vir ons gesê het. Hy sal die getuie teen julle wees dat julle nie julle God bedrieg nie.”
JOSUA 24:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua het vir die hele volk gesê: “Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE wat Hy met ons gepraat het, gehoor; en hy sal teen julle 'n getuie wees, sodat julle nie julle God verloën nie.”
JOSUA 24:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal vir ons 'n getuie wees; want dit het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het.