JOSUA 24:2
JOSUA 24:2 Bybel vir almal (ABA)
Josua het toe vir die hele volk gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: Julle voorvaders het lank gelede anderkant die Eufraat-rivier gewoon. Dit was Tera en sy seuns Abraham en Nahor. En hulle het ander gode gedien.
JOSUA 24:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Josua aan die hele volk: So sê die HERE, die God van Israel: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon — Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.
JOSUA 24:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Josua vir die hele volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorvaders – onder hulle was Tera, vader van Abraham en Nahor – anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien.
JOSUA 24:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua sê toe vir die hele volk: “So sê die HERE, die God van Israel, ‘Anderkant die Rivier het julle voorvaders in die verre verlede gewoon – Tera, die vader van Abraham en Nahor – en hulle het ander gode gedien.
JOSUA 24:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josua het aan die hele volk gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Julle vaders het in die ou tyd oorkant die vloed gewoon, Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor; en hulle het ander gode gedien.