JOSUA 24:19-23
JOSUA 24:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Josua het egter die volk gewaarsku: “Julle is nie in staat om die HERE te aanbid nie. Hy is ’n heilige God. Hy eis onverdeelde getrouheid. Hy sal dit nie verdra as julle opstandig is en teen Hom oortree nie. As julle die HERE verlaat en julle begin vreemde gode aanbid, sal Hy teen julle draai. Hy sal julle uitroei en met julle klaarspeel, selfs al het Hy julle voorheen goed behandel.” Die volk het egter vir Josua verseker: “Nee, ons sal beslis die HERE aanbid!” “Julle staan self daarvoor in dat julle besluit het om die HERE te aanbid,” het Josua vir die volk gesê. Hulle het geantwoord: “Ons staan daarvoor in.” “Goed,” sê Josua, “vernietig dan al die vreemde gode wat daar tussen julle is en verbind julle aan die HERE die God van Israel alleen.”
JOSUA 24:19-23 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Josua vir die volk: “Julle kan nie die Here dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy wil hê julle moet net vir Hom dien. Hy sal julle nie vergewe as julle opstandig is en sonde doen nie. As julle die Here los en as julle gode van ander volke dien, dan sal Hy dit sleg laat gaan met julle en Hy sal julle almal laat sterf, Hy wat voorheen goed gedoen het aan julle.” Die volk het toe vir Josua gesê: “Nee, ons sal net die Here dien.” Josua het vir die volk gesê: “Dan is julle getuies teen julleself dat júlle gekies het om die Here te dien.” En hulle het gesê: “Ja, ons is.” Josua sê toe: “Dan moet julle nou die ander volke se gode los en julle moet heeltemal aan die Here behoort, julle moet behoort aan die God van Israel.”
JOSUA 24:19-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie. As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het. Toe sê die volk vir Josua: Nee, maar ons sal die HERE dien. Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies. Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel.
JOSUA 24:19-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle kan nie die Here dien nie. Hy is 'n heilige God, Hy is 'n God wat onverdeelde trou eis en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie. As julle die Here verlaat en julle dien vreemde gode, sal Hy wat aan julle goed gedoen het, teen julle draai en rampe oor julle bring en 'n end aan julle maak.” Die volk het vir Josua gesê: “Nee, ons sal die Here dien!” Toe sê Josua vir die volk: “Julle is self getuies daarvan dat julle gekies het om die Here te dien,” en hulle antwoord: “Ons is.” Toe sê Josua: “Verwyder dan die vreemde gode tussen julle uit en wy julle heeltemal aan die Here die God van Israel.”
JOSUA 24:19-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Josua het vir die volk gesê: “Julle sal nie in staat wees om die HERE te dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n besitlike God, Hy sal nie julle oortreding en sondes vergewe nie. As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en 'n einde aan julle maak, nadat Hy aan julle goed gedoen het.” Toe sê die volk vir Josua: “Nee, maar ons sal net die HERE dien!” Daarop sê Josua vir die volk: “Julle is getuies teen julleself dat julle self die HERE vir julle gekies het om te dien.” Hulle het geantwoord: “Ons is getuies.” “Verwyder dan nou die vreemde gode in julle midde en rig julle harte op die HERE, die God van Israel.”
JOSUA 24:19-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Josua aan die volk: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is 'n heilige God; hy is 'n jaloerse God; hy sal jou oortredinge en jou sondes nie vergewe nie. As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, dan sal Hy julle bekeer en julle kwaad aandoen en julle vernietig nadat Hy julle goed gedoen het. Toe sê die manskappe vir Josua: Nee; maar ons sal die HERE dien. En Josua sê vir die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julle die HERE uitverkies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies. Verwyder dan nou, sê hy, die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel.
JOSUA 24:19-23 Die Boodskap (DB)
Toe sê Josua vir die volk: “Julle moenie dink dit is so maklik om die Here te dien nie. Hy is ’n heilige God wat sy groot Naam beskerm. Hy verwag dat mense Hom reg moet dien. Hy gaan nie maar net elke keer julle sonde en julle opstandigheid oorsien nie. As julle julle rug vir die Here draai en agter ander gode aanloop, sal Hy teen julle draai en julle baie swaar laat kry, ten spyte daarvan dat Hy nog altyd net goed was vir julle. Hy sal julle vernietig.” “Glo ons, ons is vasberade om die Here te dien!” het die volk geantwoord. “Onthou, julle is self verantwoordelik vir hierdie besluit,” het Josua toe vir hulle gesê. “Dit is julle eie keuse om die Here te dien. Julle sal self daarvoor moet instaan.” “Dit is goed so,” het die volk geantwoord. “Nou goed, dan moet julle onmiddellik ontslae raak van al hierdie vreemde gode wat nog onder julle is,” het Josua geantwoord. “Sweer trou aan die Here, die God van Israel.”
JOSUA 24:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Josua het egter die volk gewaarsku: “Julle is nie in staat om die HERE te aanbid nie. Hy is ’n heilige God. Hy eis onverdeelde getrouheid. Hy sal dit nie verdra as julle opstandig is en teen Hom oortree nie. As julle die HERE verlaat en julle begin vreemde gode aanbid, sal Hy teen julle draai. Hy sal julle uitroei en met julle klaarspeel, selfs al het Hy julle voorheen goed behandel.” Die volk het egter vir Josua verseker: “Nee, ons sal beslis die HERE aanbid!” “Julle staan self daarvoor in dat julle besluit het om die HERE te aanbid,” het Josua vir die volk gesê. Hulle het geantwoord: “Ons staan daarvoor in.” “Goed,” sê Josua, “vernietig dan al die vreemde gode wat daar tussen julle is en verbind julle aan die HERE die God van Israel alleen.”