JOSUA 24:1-3 - Compare All Versions

JOSUA 24:1-3 ABA (Bybel vir almal)

Josua het al die stamme van Israel laat bymekaarkom by die stad Sigem. Hy het die leiers, die hoofde, die regters en die voormanne geroep, en hulle het voor God kom staan. Josua het toe vir die hele volk gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: Julle voorvaders het lank gelede anderkant die Eufraat-rivier gewoon. Dit was Tera en sy seuns Abraham en Nahor. En hulle het ander gode gedien. Ek het toe julle voorvader Abraham weggeneem van anderkant die Eufraat-rivier en Ek het hom deur die hele land Kanaän laat gaan. Ek het sy nageslag baie laat word. Ek het vir hom 'n seun gegee, sy naam was Isak

JOSUA 24:1-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

DAARNA het Josua al die stamme van Israel byeen laat kom in Sigem, en hy het die oudstes van Israel en sy hoofde en sy regters en sy opsigters laat roep, en hulle het hul voor die aangesig van God gestel. Toe sê Josua aan die hele volk: So sê die HERE, die God van Israel: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon — Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien. Maar Ek het julle vader Abraham van oorkant die Eufraat af geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek en sy nageslag vermeerder en Isak aan hom gegee

JOSUA 24:1-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Josua het al die stamme van Israel bymekaargebring in Sigem. Hy het die leiers van Israel, die hoofde, die regters en die ampsdraers geroep, en hulle het hulle plekke kom inneem in die teenwoordigheid van God. Toe sê Josua vir die hele volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorvaders – onder hulle was Tera, vader van Abraham en Nahor – anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien. Ek het julle voorvader Abraham anderkant die Eufraat geneem en hom die hele Kanaän laat deurgaan. Ek het hom baie nakomelinge gegee. Aan hom het Ek vir Isak gegee

JOSUA 24:1-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Josua het al die stamme van Israel in Sigem byeen laat kom. Hy het die oudstes van Israel, hulle hoofde, hulle regters en opsieners opgeroep, en hulle het in die teenwoordigheid van God gaan staan. Josua sê toe vir die hele volk: “So sê die HERE, die God van Israel, ‘Anderkant die Rivier het julle voorvaders in die verre verlede gewoon – Tera, die vader van Abraham en Nahor – en hulle het ander gode gedien. Maar Ek het julle voorvader Abraham van anderkant die Rivier af geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek. Ek het sy nageslag vermeerder: Ek het aan hom Isak gegee

JOSUA 24:1-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Josua het al die stamme van Israel in Sigem versamel en die oudstes van Israel en hulle hoofde en hulle regters en hulle beamptes geroep; en hulle het hulle voor God gestel. En Josua het aan die hele volk gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Julle vaders het in die ou tyd oorkant die vloed gewoon, Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor; en hulle het ander gode gedien. En Ek het jou vader Abraham van die oorkant van die vloed af geneem en hom deur die hele land Kanaän gelei en sy nageslag vermeerder en aan hom Isak gegee.

JOSUA 24:1-3 DB (Die Boodskap)

Josua het al die stamme van Israel by Sigem bymekaar laat kom. Toe het hy al die leiers van Israel, die hoofde, die regters en die ampsdraers by die heiligdom in die teenwoordigheid van God laat vergader. Toe sê Josua vir die volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorouers aan die oorkant van die Eufraat gewoon. Daar het hulle ’n klomp vreemde gode aanbid. Een van daardie voorouers was Tera, Abraham en Nahor se pa. Ek het julle voorvader Abraham uit die gebied anderkant die Eufraat laat wegtrek en hom die hele land Kanaän laat deurtrek. Ek het vir hom ’n groot nageslag gegee. Sy seun was Isak.

JOSUA 24:1-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Josua het al die stamme van Israel by Sigem laat bymekaarkom. Hy het al die leiers van Israel, hulle hoofde, hulle regters en hulle ampsdraers opgeroep om voor God te verskyn. Josua sê toe vir die hele volk: “So sê die HERE, die God van Israel: Julle voorouers, Tera, die pa van Abraham, en Nahor, het lank terug anderkant die Eufraatrivier gewoon. Hulle het afgode gedien. Ek het julle vader Abraham van anderkant die Eufraat laat kom en hom deur die hele land Kanaän laat rondtrek. Ek het vir hom ’n groot nageslag gegee. Ek het vir hom Isak gegee.