JOSUA 23:9-10
JOSUA 23:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het groot en sterk volke weggejaag om plek te maak vir julle. Nie een volk kon tot vandag toe vir julle oorwin en teen julle bly staan nie. Een van julle manne kan 1 000 vyande jaag, want julle God die Here, Hy self het vir julle gehelp om oorlog te maak, Hy het dit vir julle belowe.
JOSUA 23:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref — niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie. Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.
JOSUA 23:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het groot en sterk nasies voor julle uit verdryf. Niemand kon tot nou toe voor julle standhou nie. Een van julle jaag 'n duisend op loop, want dit is die Here julle God wat die oorlog vir julle voer soos Hy julle beloof het.
JOSUA 23:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het groot en sterk nasies voor julle verdryf. Wat julle betref, tot vandag toe kon niemand voor julle staande bly nie. Net een van julle jaag 'n duisend op loop; want die HERE julle God, Hy is die Een wat vir julle veg soos Hy julle beloof het.
JOSUA 23:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die HERE het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe, maar wat julle aangaan, tot vandag toe kon niemand voor julle standhou nie. Een man van julle sal duisend agtervolg; want dit is die HERE julle God wat vir julle veg, soos Hy julle beloof het.
JOSUA 23:9-10 Die Boodskap (DB)
Die Here het groot en sterk nasies voor julle uit verdryf. Nie een van hulle was in staat om teen julle weerstand te bied nie. Een van julle sou genoeg wees om ’n oormag aan te durf, nie omdat julle so sterk is nie, maar omdat die Here julle God aan julle kant is, net soos Hy belowe het.
JOSUA 23:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het groot en magtige nasies voor julle uit verdryf. Tot nou toe was nie een van hulle teen julle opgewasse nie. Een van julle kan selfs duisend van hulle op loop jaag, want die HERE julle God veg aan julle kant. Dit is wat Hy julle beloof het.