JOSUA 23:4-16
JOSUA 23:4-16 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet dat ek hierdie grond vir julle stamme gegee het, die grond van die Jordaan-rivier tot by die Groot See in die weste. Dit was voorheen die grond van die volke wat ek doodgemaak het, en ook van volke wat nog hier is. Julle God die Here, Hy self sal die volke wat nog hier is, wegstoot en wegjaag om plek te maak vir julle. Julle God die Here het dit vir julle belowe. Maar julle moet baie sterk wees, julle moet alles doen wat geskryf is in die Wetboek van Moses, julle moet presies so lewe. Julle moenie vriende word van die volke wat nog hier by julle is nie. Julle moenie tot hulle gode bid en hulle name noem wanneer julle iets belowe nie. Julle moenie hulle dien en voor hulle buig nie. Julle moet aanhou om die Here te dien, soos julle gedoen het tot nou toe. Die Here het groot en sterk volke weggejaag om plek te maak vir julle. Nie een volk kon tot vandag toe vir julle oorwin en teen julle bly staan nie. Een van julle manne kan 1 000 vyande jaag, want julle God die Here, Hy self het vir julle gehelp om oorlog te maak, Hy het dit vir julle belowe. Maar julle moet baie versigtig wees, julle moet lief wees vir julle God die Here. Julle moenie ophou om die Here te dien nie en julle moenie vriende word van die mense van hierdie volke wat nog hier is nie. Julle moenie met hulle trou nie en julle moenie by hulle kom nie. As julle dit doen, dan moet julle weet dat die Here sal ophou om hierdie volke weg te jaag om plek te maak vir julle, dit is seker. En dan sal hulle vir julle word soos vangnette en vangstrikke, soos swepe wat julle slaan en dorings wat in julle oë steek. Dit sal aanhou totdat julle weg is uit hierdie goeie land wat julle God die Here vir julle gegee het. Luister na my, ek sal nou sterf, dit is die pad wat almal op die aarde moet loop. Julle weet baie goed dat al die goeie dinge gebeur het wat julle God die Here vir julle belowe het. Elke woord wat Hy gesê het, het waar geword. Die goeie dinge het gebeur wat julle God die Here vir julle belowe het, maar as julle ongehoorsaam is, dan sal Hy ook elke slegte ding laat gebeur wat Hy gesê het. Dit sal aanhou totdat Hy julle almal laat verdwyn het uit hierdie goeie land wat Hy vir julle gegee het. As julle nie doen wat julle God die Here vir julle in sy verbond gesê het nie en as julle ander gode gaan dien en julle buig voor hulle, dan sal die Here kwaad word vir julle en julle sal gou verdwyn uit die goeie land wat Hy vir julle gegee het.”
JOSUA 23:4-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af — met al die nasies wat ek uitgeroei het — tot by die Groot See in die weste. En die HERE julle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neem soos die HERE julle God julle beloof het. Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie; dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie; maar die HERE julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het. Die HERE tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref — niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie. Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het. Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om die HERE julle God lief te hê; want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng, weet dan verseker dat die HERE julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle 'n vangnet en 'n strik wees en 'n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het. En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie. Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het. As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.
JOSUA 23:4-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het saam met die gebiede van al die nasies wat ek uitgeroei het, ook dié van die nasies wat nog oorbly, as eiendom aan julle stamme toegeken: van die Jordaan af tot by die Groot See in die weste. Die Here julle God sal hulle wegstoot voor julle en hulle voor julle uit verdrywe sodat julle hulle land in besit kan neem soos die Here julle God julle beloof het. “Maar julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie, dat julle nie by hierdie nasies kom wat nog tussen julle woon, en die naam van hulle gode aanroep en in hulle naam 'n eed aflê en hulle dien en voor hulle buig nie. Julle moet aan die Here julle God getrou bly, soos julle tot nou toe gedoen het. Die Here het groot en sterk nasies voor julle uit verdryf. Niemand kon tot nou toe voor julle standhou nie. Een van julle jaag 'n duisend op loop, want dit is die Here julle God wat die oorlog vir julle voer soos Hy julle beloof het. Lê julle dus daarop toe om die Here julle God lief te hê. As julle egter 'n ander pad loop en julle verbind aan die mense wat oor is van hierdie nasies wat nog tussen julle woon, en julle ondertrou met hulle en julle kom by hulle, en hulle by julle, weet dan seker dat die Here julle God hierdie nasies nie verder sal verdryf voor julle uit nie. Hulle sal vir julle strikke en wippe word, swepe op julle rûe en skerp dorings in julle oë, en uiteindelik sal julle verdwyn uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het. “Self gaan ek nou die pad van almal op aarde. Julle weet met julle hele hart en siel dat nie een van al die goeie beloftes wat die Here julle God oor julle gemaak het, onvervul gebly het nie. Almal het uitgekom. Nie een belofte het onvervul gebly nie. Maar net soos elke goeie belofte wat die Here julle God oor julle gemaak het, nagekom is, so sal Hy elke ramp oor julle bring wat Hy aangekondig het, totdat Hy julle uitgeroei het uit hierdie goeie land wat Hy julle gegee het. As julle die verbondsverpligtings wat die Here julle God julle opgelê het, nie hou nie en julle dien ander gode en buig voor hulle, sal die toorn van die Here teen julle ontvlam en sal julle gou verdwyn uit die goeie land wat Hy julle gegee het.”
JOSUA 23:4-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, ek het die land van hierdie nasies wat oorgebly het en van al die nasies wat Ek uitgeroei het, as erfdeel aan julle stamme laat toeval, van die Jordaan af tot by die Groot See in die weste. Die HERE julle God, Hy sal hulle voor julle wegstoot en hulle voor julle verdryf, sodat julle hulle land in besit kan neem, soos die HERE julle God julle beloof het. Wees baie vasberade om alles wat geskryf staan in die •boekrol met die Wet van Moses noukeurig na te kom, om nie links of regs daarvan af te wyk nie, om nie met hierdie nasies wat by julle oorgebly het, om te gaan nie. Die name van hulle gode mag julle nie aanroep nie en nie daarby sweer nie. Julle mag hulle nie dien nie, en nie voor hulle in aanbidding buig nie. Maar aan die HERE julle God moet julle vashou, soos julle tot vandag toe gedoen het. Die HERE het groot en sterk nasies voor julle verdryf. Wat julle betref, tot vandag toe kon niemand voor julle staande bly nie. Net een van julle jaag 'n duisend op loop; want die HERE julle God, Hy is die Een wat vir julle veg soos Hy julle beloof het. Wees uiters versigtig om ter wille van julleself net die HERE julle God lief te hê. Want as julle ooit wegdraai en julle verbind met die res van hierdie nasies wat by julle oorgebly het, met hulle ondertrou, julle met hulle omgaan en hulle met julle, weet dan vir seker dat die HERE julle God hierdie nasies nie langer voor julle sal verdryf nie. Hulle sal vir julle 'n vangnet en 'n valstrik word, 'n sweep vir julle sye en dorings in julle oë, totdat julle verdwyn van hierdie goeie grond af wat die HERE julle God vir julle gegee het. Kyk, ek loop vandag die pad van almal op aarde. Erken met julle hele hart en julle hele wese dat nie een woord van al die goeie beloftes wat die HERE julle God teenoor julle uitgespreek het, onvervuld gebly het nie; alles is vir julle vervul, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie. Soos elke goeie belofte wat die HERE julle God aan julle gemaak het, vir julle vervul is, so sal die HERE elke woord van onheil oor julle vervul, totdat Hy julle uitgedelg het van hierdie goeie grond af wat die HERE julle God vir julle gegee het. Wanneer julle die verbond van die HERE julle God oortree, wat Hy julle beveel het, en ander gode gaan dien en voor hulle in aanbidding buig, sal die toorn van die HERE teen julle ontbrand, en julle sal vinnig verdwyn van die goeie land af wat Hy vir julle gegee het.”
JOSUA 23:4-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Ek het hierdie nasies wat oorgebly het vir julle deur die lot verdeel, om 'n erfdeel te wees vir julle stamme, van die Jordaan af, met al die nasies wat Ek uitgeroei het, tot by die Groot See in die weste. En die HERE jou God, Hy sal hulle voor jou uit verdryf en hulle voor jou aangesig verdryf; en julle sal hulle land in besit neem soos die HERE julle God aan julle beloof het. Wees dan baie moedig om alles te onderhou en te doen wat geskrywe is in die wetboek van Moses, sodat julle nie regs of links daarvan afwyk nie; dat julle nie onder hierdie nasies kom nie, dié wat onder julle oorbly; en moenie die naam van hulle gode noem en by hulle laat sweer nie, en dien hulle nie en buig julle nie voor hulle nie. Maar kleef aan die HERE julle God, soos julle gedoen het tot vandag toe. Want die HERE het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe, maar wat julle aangaan, tot vandag toe kon niemand voor julle standhou nie. Een man van julle sal duisend agtervolg; want dit is die HERE julle God wat vir julle veg, soos Hy julle beloof het. Pas dan goed op julleself, dat julle die HERE julle God liefhet. Anders as julle op enige manier doen, gaan terug en hou aan die oorblyfsel van hierdie nasies, die wat onder julle oorbly, en moet met hulle trou en by hulle ingaan, en hulle by julle; Weet vir seker dat die HERE jou God nie meer een van hierdie nasies voor jou uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle strikke en strikke wees en gésele in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God julle gegee het. En kyk, ek gaan vandag die weg van die hele aarde, en julle weet in julle hele hart en in julle hele siel dat nie een ding misluk het van al die goeie dinge wat die HERE julle God oor julle gespreek het nie; alles het by julle gebeur, en nie een ding het daaraan misluk nie. Daarom sal dit gebeur, soos alle goeie dinge oor jou gekom het wat die HERE jou God jou beloof het; so sal die HERE al die slegte dinge oor julle bring totdat Hy julle uit hierdie goeie land verdelg het wat die HERE julle God aan julle gegee het. As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree het, en gegaan het en ander gode dien en julle voor hulle neerbuig; dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.
JOSUA 23:4-16 Die Boodskap (DB)
Ek het saam met die gebiede wat ek reeds verower het, ook die gebiede wat nog nie verower is nie, as besitting aan julle gegee: van die Jordaan af in die ooste tot by die Middellandse See in die weste. Hierdie land sal aan julle behoort, want die Here julle God sal al die mense wat nou daar bly, voor julle uit laat vlug. Julle sal daar bly, nie hulle nie. Dit is die Here julle God se belofte. “Julle moet julle uiterste bes doen om dit wat in die wetboek van Moses geskryf staan, na te kom. Moenie enige deel daarvan verwaarloos nie, want dan kan julle dalk deur die vreemde volke wat tussen julle bly, mislei word om hulle gode te dien. Moet dit nie doen nie. Moenie eers die name van hulle gode noem nie, wat nog te sê ’n eed in hulle naam aflê of hulle dien. Bly altyd getrou aan die Here julle God soos julle tot nou toe was. Die Here het groot en sterk nasies voor julle uit verdryf. Nie een van hulle was in staat om teen julle weerstand te bied nie. Een van julle sou genoeg wees om ’n oormag aan te durf, nie omdat julle so sterk is nie, maar omdat die Here julle God aan julle kant is, net soos Hy belowe het. “Ter wille van julleself moet julle die Here julle God liefhê. As julle aan Hom ontrou word en by die ander nasies wat nog onder julle woon, gaan bly en hulle gewoontes aanleer en met hulle ondertrou, moet julle vir seker weet dat die Here julle God julle nie langer sal beskerm nie. Trouens, hulle sal vir julle net so gevaarlik wees soos ’n strik vir ’n voël of ’n gat in die grond wat jy nie kan sien nie en waarin jy kan val en seerkry. As julle in hulle hande beland, sal dit voel of julle met ’n sweep geslaan word en of daar dorings in julle oë gevryf word. Dan sal julle permanent uit die land wat die Here julle God vir julle gegee het, weggejaag word. “Ek gaan binnekort sterf soos enige ander mens. En julle weet baie goed dat die Here elke belofte wat Hy nog aan julle gemaak het, vervul het. Nie een van sy beloftes het onvervuld gebly nie. Maar net soos die Here julle God elke goeie belofte wat Hy gemaak het, nagekom het, so seker sal Hy ook elke dreigement teen julle as julle ontrou is, laat waar word. As julle die rug vir Hom draai, sal daar nie een van julle in hierdie land oorbly wat Hy vir julle gegee het nie. As julle die Here julle God se ooreenkoms met julle verbreek deur ander gode te dien, sal Hy julle in sy woede straf. Dan sal dit nie lank wees nie, dan is daar nie meer een van julle oor in hierdie land wat Hy vir julle gegee het nie.”
JOSUA 23:4-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het die gebiede van al die nasies wat nog oorgebly het onder julle verdeel, sowel hulle wat nog oorwin moet word as dié van al die nasies wat ek alreeds uitgeroei het. Dit is almal van die Jordaan af tot by die Middellandse See in die weste waar die son ondergaan. Die HERE julle God sal dié wat oor is, voor julle uit verjaag. Hy sal hulle verdryf sodat julle ook hulle grond kan oorneem. Dit is wat die HERE julle God julle beloof het. “Staan sterk en doen haarfyn alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses. Moenie julle vereenselwig met hierdie nasies wat nog tussen julle oor is nie. Moenie eers hulle gode se name noem nie. Moenie hulle name gebruik wanneer julle ’n belofte maak nie. Julle moenie enigiets vir hulle doen of hulle aanbid nie. Bly getrou aan die HERE julle God, soos julle tot nou toe gedoen het. Die HERE het groot en magtige nasies voor julle uit verdryf. Tot nou toe was nie een van hulle teen julle opgewasse nie. Een van julle kan selfs duisend van hulle op loop jaag, want die HERE julle God veg aan julle kant. Dit is wat Hy julle beloof het. “Konsentreer daarop om die HERE julle God lief te hê. As julle die HERE laat los en julle vermeng met hierdie ander nasies wat tussen julle oor is en met hulle begin trou en saam met hulle leef, moet julle nou al weet dat die HERE julle God hierdie nasies nie verder voor julle uit gaan verdryf nie. Hulle sal ’n lokval vir julle word, ’n pyn in die heup en ’n doring in die oog wat julle sal laat verdwyn uit hierdie mooi land wat die HERE julle God vir julle gegee het. “Ek sal binnekort sterf. Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die HERE julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie. Net so seker soos die HERE julle God elke goeie ding wat Hy vir julle beloof het, laat gebeur het, net so seker sal Hy al die teëspoed oor julle bring wat Hy beloof het as julle aan Hom ongehoorsaam is. Hy sal julle uitroei uit hierdie mooi land wat Hy vir julle gegee het. As julle die verbond verbreek wat die HERE julle God met julle gemaak het en julle loop agter ander gode aan om hulle te dien en hulle te aanbid, sal die HERE se woede teen julle losbreek en julle sal in ’n oogwink verdwyn uit hierdie mooi land wat Hy vir julle gegee het.”