JOSUA 2:9-12
JOSUA 2:9-12 Bybel vir almal (ABA)
Sy het vir hulle gesê: “Ek weet die Here sal die land vir julle gee. Ons is baie bang vir julle, en al die mense van die land is baie bang vir julle. Want ons het gehoor dat die Here vir julle gehelp het en die Riet-see droog laat word het toe julle uit die land Egipte gekom het. Ons weet ook wat julle gedoen het met Sihon en Og, die twee konings van die Amoriete anderkant die Jordaan-rivier. Julle het hulle en hulle mense almal doodgemaak. Toe ons dit hoor, het ons baie bang geword, niemand van ons dink dat ons teen julle kan wen nie. Julle God die Here, Hý is die God in die hemel daarbo en op die aarde hier onder. Julle moet nou vir my belowe, en die Here moet die getuie wees. Ek was goed vir julle. Julle moet belowe dat julle vir my familie ook goed sal wees en julle moet vir my wys dat julle dit sal doen.
JOSUA 2:9-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe; want ons het gehoor dat die HERE die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het. Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder. Sweer dan nou tog vir my by die HERE dat, terwyl ek aan julle 'n guns bewys het, julle ook aan my familie 'n guns sal bewys; en gee my 'n betroubare teken
JOSUA 2:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
en het sy vir hulle gesê: “Ek weet die Here gee vir julle die land; ons is skrikbevange vir julle, al die inwoners van die land bewe van vrees vir julle. Ons het gehoor hoe die Here die water van die Rietsee voor julle laat wegdroog het met julle trek uit Egipte, en ook wat julle met die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan, met Sihon en Og, gedoen het, hoe julle hulle voor die voet uitgeroei het. Ons het dit gehoor en ons harte het van angs verstyf. Niemand het nog moed teen julle nie, want julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde. “Ek het julle goed behandel. Lê dan nou vir my 'n eed voor die Here af dat julle my familie ook goed sal behandel, en gee my 'n betroubare aanduiding
JOSUA 2:9-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy het vir die manne gesê: “Ek weet dat die HERE aan julle die land gegee het, en dat vrees vir julle ons oorval het, ja, dat al die inwoners van die land sidder oor julle. Want ons het gehoor hoe die HERE die water van die Rietsee voor julle laat opdroog het met julle uittog uit Egipte, en wat julle gedoen het aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan, aan Sihon en Og wat deur julle met die banvloek getref is. Ons het dit gehoor, en ons harte het ineengekrimp, sodat niemand meer moed het teen julle nie. Die HERE julle God, Hy is immers God in die hemel daar bo en op die aarde hier onder. Daarom, sweer nou asseblief vir my by die HERE dat ook julle guns sal betoon aan my familie, omdat ek guns aan julle betoon het. Gee my 'n betroubare teken
JOSUA 2:9-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê sy vir die manne: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het, en dat julle verskrikking oor ons gekom het, en dat al die inwoners van die land beswyk vanweë julle. Want ons het gehoor hoe die HERE die water van die Skelfsee vir julle laat opdroog het toe julle uit Egipte uitgetrek het; en wat julle aan die twee konings van die Amoriete gedoen het wat oorkant die Jordaan was, Sihon en Og, wat julle met die banvloek getref het. En toe ons hierdie dinge gehoor het, het ons hart gesmelt, en daar het by niemand meer moed oorgebly nie, ter wille van jou; want die HERE jou God is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder. Sweer dan nou tog vir my by die HERE, aangesien ek guns aan julle bewys het, dat julle ook guns sal bewys aan die huis van my vader en my 'n ware teken sal gee.
JOSUA 2:9-13 Die Boodskap (DB)
en vir hulle gesê: “Ek weet die Here het hierdie land vir julle gegee. Ons almal is bang vir julle. Om die waarheid te sê, die mense bewe so bang is hulle vir julle. Ons het gehoor hoe die Here die water van die Rietsee voor julle laat opdroog het toe julle uit Egipte weg is. En ons weet ook dat julle die Amoritiese konings, Sihon en Og, aan die oorkant van die Jordaan saam met al hulle mense uitgeroei het. G’n wonder ons het doodbang geword toe ons dit hoor nie. Daarom het niemand die moed om julle aan te pak nie, want die Here julle God is beslis die God van die hemel daar bo en die aarde hier onder. Belowe my dan nou voor die Here dat julle my en my familie so goed sal behandel soos ek julle behandel het. Gee asseblief vir my ’n waarborg dat wanneer julle Jerigo inneem, julle my pa en ma en my broers en susters en hulle families ook sal laat leef.”
JOSUA 2:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sy het vir hulle gesê: “Ek weet dat die HERE vir julle die land gaan gee. Ons is lam van die skrik. Almal van ons wat in die land woon, is bang vir julle. Ons het gehoor hoe die HERE die water van die Rietsee voor julle laat wegdroog het toe julle uit Egipte getrek het. Ook wat julle met Sihon en Og, die twee konings van die Amoriete, aan die oorkant van die Jordaan gedoen het en hoe julle hulle uitgewis het. Ons het dit alles gehoor. Ons harte het ineengekrimp. Niemand van ons het meer moed oor om teen julle te veg nie. Die HERE julle God is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder. Ek was goed vir julle. Sweer dan nou vir my voor die HERE dat julle ook goed sal wees vir my familie. Gee vir my die versekering