JOSUA 2:9
JOSUA 2:9 Bybel vir almal (ABA)
Sy het vir hulle gesê: “Ek weet die Here sal die land vir julle gee. Ons is baie bang vir julle, en al die mense van die land is baie bang vir julle.
JOSUA 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe
JOSUA 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
en het sy vir hulle gesê: “Ek weet die Here gee vir julle die land; ons is skrikbevange vir julle, al die inwoners van die land bewe van vrees vir julle.
JOSUA 2:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy het vir die manne gesê: “Ek weet dat die HERE aan julle die land gegee het, en dat vrees vir julle ons oorval het, ja, dat al die inwoners van die land sidder oor julle.
JOSUA 2:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê sy vir die manne: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het, en dat julle verskrikking oor ons gekom het, en dat al die inwoners van die land beswyk vanweë julle.