JOSUA 2:3-6
JOSUA 2:3-6 Bybel vir almal (ABA)
Die koning van Jerigo het toe vir Ragab laat weet: “Jy moet die mans uitbring wat na jou huis gekom het, want hulle het gekom om te kyk hoe die land is.” Ragab het die twee mans weggesteek en sy het vir die koning laat weet: “Dit is waar, die mans het na my toe gekom, maar ek weet nie van waar hulle gekom het nie. Hulle het geloop toe dit donker word en toe die wagte die poort gesluit het. Ek weet nie waarnatoe hulle gegaan het nie. Julle moet hulle dadelik volg en jaag, julle sal hulle kry.” Maar Ragab het die mans opgeneem op die dak en sy het hulle weggesteek onder droë vlas wat sy daar oopgegooi het.
JOSUA 2:3-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
stuur die koning van Jérigo na Ragab om te sê: Lewer die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het; want hulle het gekom om die hele land te verken. Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle weggesteek; en sy het gesê: Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie. En toe die poort met donker gesluit moes word, het die manne uitgegaan; ek weet nie waar die manne heengegaan het nie; jaag hulle gou agterna, want julle sal hulle inhaal. Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was.
JOSUA 2:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
en hy het vir Ragab laat weet: “Lewer die manne uit wat na jou toe, na jou huis toe, gekom het. Hulle is hier om die land te verken.” Die vrou het die twee manne weggesteek en vir die koning laat weet: “Daar het manne by my aangekom, maar ek weet nie waarvandaan hulle is nie. Hulle het met donker vertrek toe dit tyd was vir die stadspoort om te sluit, en ek weet nie waarheen hulle is nie. Maak gou en agtervolg hulle. Miskien haal u hulle in.” Sy het die twee manne intussen op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat sy daar oopgesprei het.
JOSUA 2:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe stuur die koning van Jerigo 'n boodskap na Ragab: “Lewer die manne uit wat by jou aangekom het, wat in jou huis ingegaan het, want hulle het gekom om die hele land te verken.” Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle versteek. Sy het gesê: “Ja, die manne het na my toe gekom, maar ek het nie geweet waarvandaan hulle kom nie. Toe die stadspoort teen donker moes sluit, het die manne uitgegaan. Ek weet nie waarheen die manne gegaan het nie. Sit hulle gou agterna, want u kan hulle inhaal.” Maar sy het hulle na die dak laat opklim en hulle versteek onder vlasstingels wat vir haar op die dak oopgesprei was.
JOSUA 2:3-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die koning van Jérigo het na Ragab gestuur om te sê: Bring die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het, want hulle het gekom om die hele land te verken. En die vrou het die twee mans geneem en hulle weggesteek en so gesê: Daar het manne na my gekom, maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie. En omtrent die tyd van die sluiting van die poort, toe dit donker was, het die manne uitgegaan; waarheen die manne gegaan het, het ek nie geweet nie; want julle sal hulle inhaal. Maar sy het hulle op die dak van die huis gebring en hulle weggesteek met die vlasstingels wat sy op die dak in orde gelê het.
JOSUA 2:3-6 Die Boodskap (DB)
Hy laat weet toe vir Ragab: “Die mans in jou huis het hiernatoe gekom om op ons te spioeneer. Lewer hulle dadelik aan my uit!” “Hier was mans by my,” antwoord sy die koning, “maar ek het nie geweet waarvandaan hulle kom nie. Hulle is in elk geval teen donker al hier weg, nog voordat die stad se hekke gesluit is. Ek weet nie waarheen hulle is nie, maar as julle gou maak, kan julle hulle dalk nog inhaal.” Intussen het Ragab egter die twee mans op die dak laat klim en hulle tussen die bondels strooi laat wegkruip wat sy daar opgestapel het.
JOSUA 2:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het toe vir Ragab laat weet: “Laat die mans uitkom wat na jou huis toe gekom het. Hulle het op die land kom spioeneer.” Ragab het die twee mans laat wegkruip. Sy het vir die koning laat weet: “Daar was mans hier by my. Ek weet nie van waar af hulle gekom het nie. Toe die poorte teen skemer gesluit het, is die mans hier weg. Ek weet nie waarheen hulle gegaan het nie. As jy gou maak, kan jy hulle miskien nog inhaal.” Sy het die mans op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlashalms wat sy daar oopgegooi het.