JOSUA 2:18-19
JOSUA 2:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer ons die land aanval, dan moet jy hierdie rooi tou vasbind aan die venster waar jy ons laat afsak het, en jy moet jou ouers en broers, jou hele familie, in jou huis laat bymekaarkom. As 'n persoon uit jou huis buitetoe gaan, en ons mense maak hom dood, dan sal dit sy eie skuld wees. Maar dit sal ons skuld wees as ons mense iemand doodmaak wat in jou huis is.
JOSUA 2:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel. Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, dié se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, dié se bloed sal op ons hoof wees, ingeval 'n hand teen hom is.
JOSUA 2:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
as jy, wanneer ons die stad aanval, hierdie bloedrooi tou vasbind aan die venster waardeur jy ons laat afsak, en jou pa en ma, jou broers en jou hele familie by jou in die huis bymekaarhou. Enigeen wat by jou huis se deure uitgaan buitentoe, sal self vir sy dood verantwoordelik wees, nie ons nie. Ons hou ons verantwoordelik vir enigeen wat by jou in die huis is; daar sal nie 'n hand teen hom gelig word nie.
JOSUA 2:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, wanneer ons in die land kom, moet jy hierdie karmosynrooi gevlegte tou vasmaak aan die venster waardeur jy ons laat sak het. Jou vader en moeder, jou broers en jou hele familie moet jy by jou in jou huis byeenbring. Die bloed van enigiemand wat by die deure van jou huis na buite uitgaan, sal op sy eie kop wees, en ons sal vry wees. Maar die bloed van enigiemand wat by jou in die huis is, sal op ons koppe wees as daar 'n hand teen hulle gelig word.
JOSUA 2:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, as ons in die land inkom, moet jy hierdie skarlakenrooi draad vasbind in die venster waardeur jy ons laat afsak het; en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele huisgesin huis toe bring aan jou. En elkeen wat by die deure van jou huis uitgaan op die straat, sy bloed sal op sy hoof wees, en ons sal onskuldig wees; en elkeen wat saam met jou in die huis is, sy bloed sal op ons hoof, as enige hand op hom is.
JOSUA 2:18-19 Die Boodskap (DB)
Later, wanneer ons die land inneem, moet jy hierdie rooi tou waarmee jy ons gaan laat afsak, weer aan jou venster vasbind. Sorg ook dat jou pa en ma en jou broers en al jou pa se familielede by jou in die huis is. Enigeen wat nie dan in jou huis is nie, is self verantwoordelik vir sy dood. Dan is dit nie ons skuld as hulle sterf nie. Ons sal sorg dat niemand in jou huis iets sal oorkom nie.
JOSUA 2:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy moet hierdie rooi tou waarmee jy ons deur die venster gaan laat afsak aan die venster vasbind wanneer ons in die land kom. Jy moet dan jou pa en jou ma, jou broers en jou hele familie hier in jou huis laat bymekaarkom. As iemand van hulle by die huis se deur uitgaan buitentoe, sal hy vir sy eie dood verantwoordelik wees. Ons is dan onskuldig. As enigiemand wat saam met jou in die huis is egter iets oorkom, sal dit ons skuld wees.