JOSUA 2:16
JOSUA 2:16 Bybel vir almal (ABA)
Sy het vir die twee mans gesê: “Julle moet na die berge gaan, sodat die mense wat vir julle soek, julle nie kan kry nie. Julle moet drie dae lank daar wegkruip, daarna kan julle teruggaan op dieselfde pad wat julle gekom het.”
JOSUA 2:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sy het vir hulle gesê: Loop die gebergte in, dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan.
JOSUA 2:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Haar woorde aan hulle was: “Gaan die berge in sodat die mense wat na julle soek, julle nie raakloop nie. Kruip drie dae daar weg tot hulle die soektog staak. Daarna kan julle julle koers gaan.”
JOSUA 2:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy het vir hulle gesê: “Gaan na die bergland, anders kom die agtervolgers op julle af. Kruip daar weg vir drie dae, totdat die agtervolgers terugkom. Daarna kan julle verder gaan op julle pad.”
JOSUA 2:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy sê vir hulle: Gaan na die berg, dat die vervolgers julle nie teëkom nie; en verberg julle drie dae daar totdat die agtervolgers teruggekeer het; en daarna kan julle gaan.