JOSUA 2:11
JOSUA 2:11 Bybel vir almal (ABA)
Toe ons dit hoor, het ons baie bang geword, niemand van ons dink dat ons teen julle kan wen nie. Julle God die Here, Hý is die God in die hemel daarbo en op die aarde hier onder.
JOSUA 2:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.
JOSUA 2:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons het dit gehoor en ons harte het van angs verstyf. Niemand het nog moed teen julle nie, want julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde.
JOSUA 2:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons het dit gehoor, en ons harte het ineengekrimp, sodat niemand meer moed het teen julle nie. Die HERE julle God, Hy is immers God in die hemel daar bo en op die aarde hier onder.
JOSUA 2:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe ons hierdie dinge gehoor het, het ons hart gesmelt, en daar het by niemand meer moed oorgebly nie, ter wille van jou; want die HERE jou God is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.