JOSUA 18:4 - Compare All Versions

JOSUA 18:4 ABA (Bybel vir almal)

Julle moet drie persone van elke stam bring sodat ek hulle kan stuur om deur die land te gaan en om elke deel van die land op te skryf en dit vir my te bring.

JOSUA 18:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom

JOSUA 18:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Bring drie man uit elke stam dat ek hulle kan stuur en dat hulle die res van die land kan deurgaan en 'n beskrywing kan maak van die verskillende dele en dit vir my bring.

JOSUA 18:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Bring vir julle drie manne uit elke stam, sodat ek hulle kan uitstuur. Hulle moet dan gereedmaak, in die land rondbeweeg en daarvan 'n beskrywing gee met die oog op hulle erfdeel. Wanneer hulle by my terug is

JOSUA 18:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Gee uit julle midde drie manne vir elke stam, en Ek sal hulle stuur, en hulle sal opstaan en die land deurtrek en dit beskrywe volgens hulle erfdeel; en hulle sal na My toe terugkom.

JOSUA 18:4 DB (Die Boodskap)

Kies nou drie persone uit elkeen van hierdie stamme, dan stuur ek hulle om vir my ’n opname van hierdie gebied te gaan maak.

JOSUA 18:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Kies drie mans uit elke stam dat ek hulle kan uitstuur om deur die land te gaan. Hulle moet terugkom na my toe met ’n skriftelike beskrywing van die grond wat hulle wil hê.