JOSUA 17:3
JOSUA 17:3 Bybel vir almal (ABA)
Maar Selofgad seun van Gefer seun van Gilead seun van Makir seun van Manasse het nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
JOSUA 17:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa
JOSUA 17:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Selofgad seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, net dogters. Hier is hulle name: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
JOSUA 17:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Selofgad, seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Magir, seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, slegs dogters. Dit was die name van sy dogters: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
JOSUA 17:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Selofhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het geen seuns gehad nie, maar dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noag, Hogla, Milka en Tirsa.