JOSUA 17:2
JOSUA 17:2 Bybel vir almal (ABA)
Die ander families in die Manasse-stam het ook grond gekry. Dit was die families van die mans in die nageslag van Manasse seun van Josef. Die families was Abiëser, Gelek, Asriël, Sekem, Gefer en Semida.
JOSUA 17:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ook die ander kinders van Manasse, volgens hulle geslagte, het 'n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van Helek en die kinders van Ásriël en die kinders van Segem en die kinders van Hefer en die kinders van Semída; dit is die manlike kinders van Manasse, die seun van Josef, volgens hulle geslagte.
JOSUA 17:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die toekenning was vir die oorblywende families in die stam Manasse, dié van Abiëser, Gelek, Asriël, Sekem, Gefer en Semida. Dit was die families van die ander manlike afstammelinge van Manasse seun van Josef.
JOSUA 17:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan die ander nakomelinge van Manasse is daar toe vir hulle familiegroepe grond toegewys: aan die nageslag van Abiëser, die nageslag van Gelek, die nageslag van Asriël, die nageslag van Segem, die nageslag van Gefer en aan die nageslag van Semida. Dit was bedoel vir hulle familiegroepe, die manlike nakomelinge van Manasse, die seun van Josef.
JOSUA 17:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar was ook baie vir die ander kinders van Manasse volgens hulle geslagte; vir die kinders van Abiëser en vir die kinders van Helek en vir die kinders van Asriël en vir die kinders van Sigem en vir die kinders van Hefer en vir die kinders van Semida: dit was die seuns van Manasse, die seun van Josef volgens hulle families.