JOSUA 15:1-12
JOSUA 15:1-12 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het lootjies getrek vir die families in die Juda-stam en hulle het vir hulle die land gegee tot ver suid van die Sin-woestyn, teen die grens van Edom. Die suidgrens van Juda begin by die Sout-see, by die punt wat suid is en dan gaan die grens suid van Skerpioen-pas verby na die stad Sin. Daarna gaan die grens op na 'n plek suid van die stad Kades-Barnea en dan verder verby die stad Gesron. Daarna gaan die grens op na die stad Addar en dan draai dit na die stad Karka. Daarna gaan die grens verby die stad Asmona en dan saam met Egipte-spruit tot by die see. Dit is die suidgrens van Juda. Die oosgrens van Juda is die Sout-see tot waar die Jordaan-rivier in die see vloei. Die noordgrens begin waar die Jordaan-rivier in die see vloei. Daarna gaan dit op na die stad Bet-Gogla, en dit gaan noord langs die stad Bet-Araba verby. Dan gaan die grens op na die Klip van Bohan seun van Ruben. Daarna gaan die grens van die Akor-vallei na die stad Debir, en dan draai dit noord na die stad Gilgal oorkant Adummim-pas, suid van die vallei. Die grens gaan dan verby na Semes-fontein en tot by Rogel-fontein. Dan gaan die grens op deur die Ben-Hinnom-vallei tot suid van Jebusiete-berg, dit is Jerusalem, en dan gaan dit op na die boonste punt van die berg wes van die Ben-Hinnom-vallei langs die noordekant van Spook-laagte. Van die boonste punt van die berg draai die grens na Neftoag-fontein, dan verder na die stede teen Efron-berg, en dan draai dit na die stad Baäla, dit is Kirjat-Jearim. Van Baäla draai die grens wes na Seïr-berg, en dan langs die noordekant van Jearim-berg, dit is Kesalon, en dan af na die stad Bet-Semes en verby die stad Timna. Die grens gaan daarna tot by die noordekant van die stad Ekron, dan draai dit na die stad Sikkaron. Dan gaan dit verby Baäla-berg na die stad Jabneël en daarna tot teen die see. Die wesgrens van Juda is die strand van die Groot See. Dit is die grense van die grond van die families in die Juda-stam.
JOSUA 15:1-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide; en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek; en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe; dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees. En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Áraba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben. Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adúmmim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel. Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refáim is. Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftóag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na Báäla, dit is Kirjat-Jeárim. Dan swaai die lyn van Báäla af weg in westelike rigting na die gebergte Seïr en loop oor na die noordelike hang van die berg Jeárim, dit is Késalon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna. Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg Báäla en loop aan na Jábneël, sodat die lyn doodloop by die see. Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte.
JOSUA 15:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan die families in die stam Juda is deur loting 'n gebied toegeken wat suidwaarts gestrek het tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn teen die grens van Edom. Juda se suidelike grens begin dus by die Soutsee, by die punt wat suid uitsteek, en dit loop suid van Skerpioenpas verby na Sin toe, op na 'n punt suid van Kades-Barnea, oor na Gesron toe, op na Addar toe en swaai na Karka toe. Dan loop dit oor na Asmon toe en met Egiptespruit langs totdat dit teen die see doodloop. Dit is Juda se suidelike grens. Die oostelike grens is die Soutsee tot waar die Jordaan in die see inloop. Die grens aan die noordekant begin waar die Jordaan in die see inloop, en loop op na Bet-Gogla toe, noord van Bet-Araba verby, op na die Klip van Bohan seun van Ruben, op na Debir toe van die Akorlaagte af, en swaai noord na Gilgal toe wat regoor Adummimspas suid van die spruit lê. Dan loop die grens oor tot aan die water van Semesfontein en tot by Rogelfontein, daarvandaan op met Ben-Hinnomdal na die suidelike hang van Jebusieteberg, dit is Jerusalem, en op na die top van die berg wes van Hinnomdal by die noordelike punt van Spooklaagte. Van die top van die berg af draai die grens na Neftoagsfontein toe, loop aan na die stede teen Efronberg en draai na Baäla toe, dit is Kirjat-Jearim. Van Baäla af swaai dit wes na Seïrberg toe, verby die noordelike hang van Jearimsberg, dit is Kesalon, loop dan af Bet-Semes toe, oor na Timna toe en met die noordelike hang van Ekron langs. Dan draai die grens na Sikaron toe en loop oor Baälaberg na Jabneël toe, waarna dit teen die see doodloop. Die westelike grens is die kus van die Groot See. Dit is die grense rondom die gebied van die families in die stam Juda.
JOSUA 15:1-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die gebied wat deur loting toegewys is aan die stam van Juda se nageslag, vir hulle familiegroepe: langs die grens met Edom, en suidwaarts met die Sinwoestyn as die suidelikste punt. Hulle suidelike grens begin by die punt van die Soutsee, vanaf die tong wat na die suide uitsteek; dan strek dit verder na die suide van die Akrabbimhoogte, gaan verby Sin en loop suid van Kades-Barnea op. Daarna gaan dit verby Gesron en loop op na Addar, draai dan weg na Karka, gaan verby Asmon en strek verder na die Spruit van Egipte. Die verste punt van die grens is die see. Dit is hulle suidelike grens. Die grens in die ooste is die Soutsee tot by die monding van die Jordaan. Die grens aan die noordekant begin by die tong van die see, vanaf die monding van die Jordaan. Die grens loop op na Bet-Gogla en gaan noord van Bet-Araba verby; daarna gaan die grens op na die klip van Bohan, seun van Ruben. Die grens loop uit die vallei van Agor op na Debir, en draai noord na Gilgal, wat teenoor Adummimhoogte en aan die suidekant van die dal lê. Die grens loop verby die waters van En-Sjemesj; sy verste punt lê by En-Roghel. Die grens loop daarna op met die Ben-Hinnomdal na die heuwelrug van die Jebusiete, dit is Jerusalem, in die suide. Die grens loop verder op na die top van die berg, wat langs die Hinnomdal aan die westekant en aan die einde van die vallei van Refaïm in die noorde lê. Dan swaai die grens weg van die top van die berg na die fontein van die Water van Neftoag, en strek verder na die dorpe van die berg Efron. Die grens swaai daarna weg na Baäla, dit is Kirjat-Jearim. Vanaf Baäla draai die grens weswaarts na die berg Seïr, gaan verby die noordelike heuwelrug van die berg Jearim, dit is Kesalon, daal af na Bet-Semes en gaan verby Timna. Die grens strek verder na die noordelike heuwelrug van Ekron, swaai dan weg na Sikaron, gaan verby die berg Baäla en strek verder na Jabneël. Die verste punt van die grens is by die see. Die wesgrens is die Groot See en sy gebied. Dit is, aan alle kante, die grens vir die nageslag van Juda, vir hulle familiegroepe.
JOSUA 15:1-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit was dan die lot van die stam van die kinders van Juda volgens hulle geslagte; tot by die grens van Edom was die woestyn Sin na die suide aan die einde van die suidkus. En hulle suidelike grens was van die kus van die Soutsee af, van die baai af wat na die suide kyk. En dit het uitgegaan na die suidekant na Maalehakrabbim en deurgegaan tot by Sin, en aan die suidekant opgeklim tot by Kades-Barnea, en deurgegaan na Hesron en opgegaan na Adar en 'n kompas na Karkaa gaan haal. Daarvandaan het dit deurgegaan na Asmon en uitgegaan na die rivier van Egipte; en die uitgange van daardie kus was by die see; dit sal julle suidkus wees. En die oostelike grens was die Soutsee, tot by die einde van die Jordaan. En hulle grens in die noordelike kwartier was van die baai van die see af aan die einde van die Jordaan; En die grens loop op na Bet-Hogla en loop deur noord van Bet-Haraba; en die lyn loop op na die klip van Bohan, die seun van Ruben. En die grens loop op na Debir van die dal Agor af, en so noordwaarts, met die oog op Gilgal, dit is voor die opgang na Adummim, wat aan die suidekant van die Eufraat lê; en die uitgange daarvan was by Enrogel: En die grens loop op na die dal van die seun van Hinnom na die suidekant van die Jebusiet; dit is Jerusalem, en die grens loop op na die top van die berg wat voor die dal van Hinnom lê, weswaarts, wat aan die einde van die dal van die Reuse noordwaarts lê. En die grens is getrek van die top van die heuwel af tot by die fontein van die water van Neftoa en uitgegaan na die stede van die berg Efron; en die grens is getrek na Baäla, dit is Kirjat-Jeárim. En die grens het van Baäla af weswaarts omgeloop tot by die berg Seïr en deurgegaan na die kant van die berg Jeárim, dit is Kesalon, aan die noordekant, en afgegaan na Bet-Semes en deurgegaan na Timna. En die grens loop uit na die kant van Ekron, noordwaarts, en die grens is getrek na Sikron en loop deur na die berg Baäla en loop uit na Jabneël; en die uitgange van die grens was by die see. En die westelike grens was na die Groot See en sy kuslyn. Dit is die gebied van die kinders van Juda rondom volgens hulle geslagte.
JOSUA 15:1-12 Die Boodskap (DB)
Die gebied wat aan die families van die stam van Juda toegeken is, het suidwaarts gestrek tot by die grens met Edom met die mees suidelike punt die Sinwoestyn. Die suidelike grens het by die eerste baai aan die suidelike punt van die Dooie See begin. Van daar af het dit suid van Skerpioenpas af geloop verby in die rigting van die Sinwoestyn. Dan strek dit suid verby Kades-Barnea, oor Gesron en op in die rigting van Addar. Daar swaai dit dan na Karka toe. Van daar af loop dit oor na Asmon, totdat dit uiteindelik die Egiptespruit bereik en die spruit dan volg tot waar dit teen die Middellandse See doodloop. Dit is hoe Juda se suidelike grens lyk. Die oosgrens van Juda is die Dooie See, noordwaarts tot waar die Jordaan in dié see uitmond. Die noordelike grens begin waar die Jordaan in die Dooie See inloop. Van daar af loop dit op na Bet-Gogla toe, dan noord van Bet-Araba verby en op na die klip van Bohan seun van Ruben toe. Daarvandaan loop dit deur die Akorlaagte op na Debir toe, waar dit noordwaarts swaai na Gilgal toe, wat regoor Adummimspas, suid van die spruit, lê. Dan loop die grens van Juda verder tot by die fonteine van En-Semes en En-Rogel. Van hier af gaan die grens op deur die Ben-Hinnomsvallei na die suidelike hang van die Jebusieteberg, waar die stad Jerusalem geleë is, en dan op na die top van die berg wes van die Hinnomsvallei aan die noordelike punt van die vallei van die Refaïete. Van daar af swaai die grens na die fonteine van Neftoag toe totdat dit uitkom by die dorpe naby die berg Efron. Daarvandaan draai die grens dan na Baäla toe, beter bekend as Kirjat-Jearim. Van Baäla af sirkel dit in ’n westelike rigting na die berg Seïr toe, oor die noordelike hang van die berg Jearim na Kesalon toe en dan af na Bet-Semes en van daar af verder na Timna toe. Die grenslyn gaan dan verder tot by die hange van Ekron en draai dan in die rigting van Sikaron, verby Baälberg na Jabne toe, waarna dit teen die kus van die Middellandse See as wesgrens doodloop. Die families van die stam van Juda het in hierdie gebied gebly.
JOSUA 15:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die lot het vir die stam van Juda op ’n gebied geval wat suidwaarts gestrek het tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn teen die grens van Edom. Juda se suidelike grens het dus by die suidelike punt van die Dooie See begin. Van daar loop dit suid by Skerpioenhoogte verby na die woestyn van Sin toe, dan suid van Kades-Barnea verby, oor na Gesron toe, dan loop dit op na Addar en swaai daarna weg na Karka toe. Daarvandaan loop dit oor na Asmon toe en met die Egiptespruit langs totdat dit in die Middellandse See doodloop. Dit is Juda se suidelike grens. Die oostelike grens loop langs die oewer van die Dooie See tot waar die Jordaan uitmond in die see. Die noordelike grens begin waar die Jordaan in die see inloop, loop dan op na die gebied van Bet-Gogla, gaan noord van Bet-Araba verby tot by die Klip van Bohan, wat na die seun van Ruben vernoem is. Van daar gaan dit deur die Akorlaagte na Debir, dan swaai dit noord na Gilgal, regoor Adummimshoogte suid van die spruit. Dan loop die grens verder tot by Semesfontein en Rogelfontein. Dit gaan dan verder met die Ben-Hinnomsdal op teen die suidelike hang van Jebusieteberg, waar Jerusalem vandag is. Dit gaan dan na die kruin van die berg bo die Hinnomsdal en dan na die noordelike punt van Spooklaagte. Van bo van die berg af draai die grens na die Neftoagsfontein toe, en loop dan aan na die dorpe teen Efronberg en draai daarna na Baäla toe, dit is Kirjat-Jearim. Dit loop om Baäla en swaai dan wes na Seïrberg toe, verby die noordelike hang van Jearimsberg, dit is Kesalon, loop dan af na Bet-Semes en na Timna toe. Dit gaan dan met die noordelike skuinste van Ekron langs en draai na Sikaron toe oor die Baälaberg verby Jabne, tot waar dit in die Middellandse See doodloop. Die westelike grens is die kuslyn van die Middellandse See. Dit is die grense rondom die gebied van die nasate van Juda.