JOSUA 14:14
JOSUA 14:14 Bybel vir almal (ABA)
Dit is hoekom Hebron nou nog behoort aan Kaleb seun van Jefunne, dit is sy stad omdat hy aangehou het om die Here, die God van Israel, te dien.
JOSUA 14:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die HERE, die God van Israel, te volg.
JOSUA 14:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom behoort Hebron tot vandag toe aan Kaleb seun van Jefunne, die Kenassiet. Dit is omdat hy die Here die God van Israel getrou gevolg het.
JOSUA 14:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, seun van Jefunne, van die familie van Kenas; dit is vandag nog so. Want hy het die HERE, die God van Israel, met volharding gevolg.
JOSUA 14:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hebron het dus die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenesiet, tot vandag toe, omdat hy die HERE, die God van Israel, volkome gevolg het.