JOSUA 1:2-3
JOSUA 1:2-3 Bybel vir almal (ABA)
“My dienaar Moses is dood. Daarom moet jy nou gereedmaak, jy en hierdie hele volk, en julle moet oor die Jordaan-rivier gaan na die land wat Ek vir hulle, die Israeliete, gee. Ek het dit vir Moses belowe, en daarom sal Ek vir julle elke plek gee waar julle sal kom
JOSUA 1:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee. Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.
JOSUA 1:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Moses my dienaar is dood. Maak jy nou gereed en trek deur die Jordaanrivier, jy en hierdie hele volk. Gaan na die land toe wat Ek aan hulle, die Israeliete, gee. Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom
JOSUA 1:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Moses, my dienskneg, is dood. Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die Israeliete, gaan gee. Elke plek waarop julle voete trap – aan julle gee Ek dit soos Ek aan Moses beloof het.
JOSUA 1:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My dienaar Moses is dood; Staan dan nou op, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die kinders van Israel, sal gee. Elke plek waarop jou voetsool sal trap, het Ek aan jou gegee, soos Ek vir Moses gesê het.