JOSUA 1:1-2
JOSUA 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Moses, die dienaar van die Here, het gesterf. Josua seun van Nun het vir Moses gewerk. Die Here het vir Josua gesê: “My dienaar Moses is dood. Daarom moet jy nou gereedmaak, jy en hierdie hele volk, en julle moet oor die Jordaan-rivier gaan na die land wat Ek vir hulle, die Israeliete, gee.
JOSUA 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê: My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.
JOSUA 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Na die dood van Moses, die dienaar van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun en assistent van Moses, gesê: “Moses my dienaar is dood. Maak jy nou gereed en trek deur die Jordaanrivier, jy en hierdie hele volk. Gaan na die land toe wat Ek aan hulle, die Israeliete, gee.
JOSUA 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ná die dood van Moses, die dienskneg van die HERE, het die HERE vir Josua, seun van Nun, Moses se helper, gesê: “Moses, my dienskneg, is dood. Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die Israeliete, gaan gee.
JOSUA 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê: My dienaar Moses is dood; Staan dan nou op, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die kinders van Israel, sal gee.
JOSUA 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Na die dood van Moses, die groot dienaar van die Here, het die Here met Josua kom praat. Hy was die seun van Nun. Josua was vroeër ook Moses se assistent. Die Here het vir hom gesê: “Noudat my dienaar Moses dood is, moet jy Israel deur die Jordaan na die land toe lei wat Ek self aan hulle gaan gee.
JOSUA 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses, die dienaar van die HERE, is dood. Daarna het die HERE met Josua, seun van Nun, gepraat. Hy was vroeër die assistent van Moses. Die HERE het vir hom gesê: “Noudat my dienaar Moses dood is, moet jy gereedmaak om my volk deur die Jordaanrivier te lei na die land toe wat Ek vir die Israeliete gee.