JONA 4:9
JONA 4:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God sê toe vir Jona: “Is dit reg van jou om kwaad te wees omdat die plant dood is?” Jona het geantwoord
JONA 4:9 Bybel vir almal (ABA)
God het vir Jona gevra: “Dink jy dit is reg om kwaad te word oor die plant?” En Jona het gesê: “Ja, dit is reg! Ek is so kwaad dat ek kan sterf!”
JONA 4:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.
JONA 4:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra God vir Jona: “Het jy rede om kwaad te word oor die komkommerplant?” en Jona antwoord: “Ek het rede genoeg: ek is besig om te sterf!”
JONA 4:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê God vir Jona: “Is dit reg dat jy kwaad is oor die kasterolieplant?” Hy het geantwoord: “Ek is tereg tot die dood toe kwaad.”