JONA 3:9-10
JONA 3:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Miskien sal God sy plan verander, miskien sal Hy ons nie meer straf nie. Miskien sal Hy jammer wees vir ons, miskien sal Hy nie meer kwaad wees vir ons nie. Dan sal ons nie sterf nie.” God het gesien die mense van Nineve het opgehou om verkeerde dinge te doen. God was jammer vir hulle en Hy het hulle nie gestraf nie.
JONA 3:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie? En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
JONA 3:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie.” Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie.
JONA 3:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie weet, dalk draai God terug en het Hy berou; dalk draai Hy om, weg van sy brandende toorn, sodat ons nie vergaan nie.” God het gesien wat hulle doen, dat hulle teruggedraai het van hulle verkeerde pad. God was jammer dat Hy gesê het Hy gaan 'n ramp oor hulle bring, en Hy het dit toe nie uitgevoer nie.
JONA 3:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie kan weet of God hom sal bekeer en hom sal bekeer en van sy toorn afwyk, sodat ons nie vergaan nie? En God het hulle werke gesien, dat hulle hulle van hulle verkeerde weg bekeer het; en God het berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen; en hy het dit nie gedoen nie.
JONA 3:9-10 Die Boodskap (DB)
Wie weet of God nie miskien weer ’n keer oor sy besluit sal dink nie. Miskien sal Hy ons jammer kry en ophou om vir ons kwaad te wees. Miskien sal Hy nie ons stad verwoes nie.” God het gesien wat hulle doen. Hy het gesien hoe hulle probeer ophou met die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hy het spyt gekry oor sy besluit. Hy het van plan verander en die stad toe nie verwoes nie.