JONA 3:9
JONA 3:9 Bybel vir almal (ABA)
Miskien sal God sy plan verander, miskien sal Hy ons nie meer straf nie. Miskien sal Hy jammer wees vir ons, miskien sal Hy nie meer kwaad wees vir ons nie. Dan sal ons nie sterf nie.”
JONA 3:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?
JONA 3:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie.”
JONA 3:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie weet, dalk draai God terug en het Hy berou; dalk draai Hy om, weg van sy brandende toorn, sodat ons nie vergaan nie.”
JONA 3:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie kan weet of God hom sal bekeer en hom sal bekeer en van sy toorn afwyk, sodat ons nie vergaan nie?