JONA 3:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JONA 3:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe maak Jona klaar en gaan na Nineve toe soos die Here hom beveel het. Nineve was 'n baie groot stad: 'n mens het drie dae gevat om dit deur te stap.
JONA 3:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die HERE. En Ninevé was 'n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.
JONA 3:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Jona het gereedgemaak en na Nineve toe gegaan soos die HERE hom beveel het. Nineve was so groot dat dit drie dae vat om alles te sien.
JONA 3:3 DB (Die Boodskap)
Hierdie keer het Jona geluister. Hy het na Nineve toe gegaan. Nineve was ’n geweldige groot stad. Dit het drie dae gevat om van een kant tot die ander kant deur die stad te loop.
JONA 3:3 ABA (Bybel vir almal)
Jona het gereedgemaak en hy het na Nineve gegaan soos die Here gesê het. Nineve was 'n baie groot stad. As 'n mens deur die stad wou loop, dan moes hy drie dae lank loop.
JONA 3:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jona het toe opgestaan en na Nineve gegaan soos die HERE hom beveel het. Nineve was 'n uitsonderlike groot stad: drie dae se loop van kant tot kant.
JONA 3:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jona het toe opgestaan en na Nineve gegaan, volgens die woord van die HERE. En Nineve was 'n buitengewoon groot stad van drie dagreise.