JONA 1:7
JONA 1:7 Bybel vir almal (ABA)
Die matrose het vir mekaar gesê: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind wie se skuld is dit dat hierdie storm oor ons gekom het.” Hulle trek toe lootjies, en die lootjies wys dit is Jona se skuld.
JONA 1:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle sê toe vir mekaar: Kom en laat ons loot; dan sal ons weet om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het. En hulle het geloot, en die lot het op Jona geval.
JONA 1:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die manne vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind oor wie hierdie ramp ons tref.” Hulle het lootjies getrek en Jona is aangewys.
JONA 1:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die matrose het vir mekaar gesê: “Kom ons beslis die saak deur die lot, sodat ons kan weet deur wie se toedoen hierdie ramp ons tref.” Hulle het met die lot beslis en die lot het Jona uitgewys.
JONA 1:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het elkeen vir sy maat gesê: Kom, laat ons die lot werp, dat ons kan weet om wie se rede hierdie onheil oor ons is. En hulle het die lot gewerp, en die lot het op Jona geval.