JONA 1:1-3
JONA 1:1-3 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Jona, die seun van Amittai, geroep om sy boodskap te gaan oordra. Hy het vir hom gesê: “Gaan sê vir die groot stad Nineve dat Ek hulle gaan straf. Hulle sonde is so groot dat dit al aan die hemel raak.” Jona het die Here se opdrag probeer ontduik. Hy het weg van Nineve af in die teenoorgestelde rigting na Tarsis toe gevlug. Hy het afgegaan na die hawe in Joppe. Daar het hy ’n skip gehaal wat na Tarsis toe sou vaar. Hy het die reisgeld betaal en op die skip geklim om saam met hulle soontoe te vaar. Hy het van die Here af probeer wegkom.
JONA 1:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met Jona gepraat. Jona was die seun van Amittai. Die Here het gesê: “Jy moet gereedmaak, jy moet na die groot stad Nineve gaan. Jy moet met daardie mense gaan praat en vir hulle sê Ek sal hulle straf, want Ek het gesien hulle doen baie sonde.” Jona het gereedgemaak, maar hy wou na die land Tarsis gaan. Hy wou wegvlug van die Here. Hy het eers na die stad Joppe gegaan. Daar was 'n skip wat na Tarsis sou gaan. Hy het betaal om saam te ry en hy het op die skip geklim. Hy wou saam met die ander mense na Tarsis gaan. Hy wou wegvlug van die Here.
JONA 1:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê: Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig. Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en 'n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.
JONA 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here het tot Jona seun van Amittai gekom: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan, want Ek weet hoe sleg hy is.” Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af. Jona is af Joppe toe, en daar het hy 'n skip gekry wat op vertrek was Tarsis toe. Hy het vir die reis betaal en aan boord gegaan om saam met die bemanning Tarsis toe te gaan, weg van die Here af.
JONA 1:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woord van die HERE het tot Jona, die seun van Amittai, gekom: “Staan op, gaan na die groot stad Nineve en spreek hulle aan, want die kwaad wat hulle doen, het opgestyg tot voor My.” Maar Jona het opgestaan om na Tarsis te vlug, weg van die teenwoordigheid van die HERE af. Hy het afgegaan na Jafo en daar op 'n skip afgekom wat op pad was na Tarsis. Hy het die reisgeld betaal en in die skip afgeklim om saam met hulle na Tarsis te gaan, weg van die teenwoordigheid van die HERE.
JONA 1:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die woord van die HERE het tot Jona, die seun van Amittai, gekom en gesê: Staan op, gaan na Nineve, die groot stad, en roep daarteen; want hulle boosheid het voor my aangesig opgekom. Maar Jona het opgestaan om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af, en na Joppe afgegaan; en hy het 'n skip gekry wat na Tarsis was, en hy het sy reisgeld betaal en daarin afgeklim om saam met hulle na Tarsis te gaan van die aangesig van die HERE af.
JONA 1:1-3 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Jona, die seun van Amittai, geroep om sy boodskap te gaan oordra. Hy het vir hom gesê: “Gaan sê vir die groot stad Nineve dat Ek hulle gaan straf. Hulle sonde is so groot dat dit al aan die hemel raak.” Jona het die Here se opdrag probeer ontduik. Hy het weg van Nineve af in die teenoorgestelde rigting na Tarsis toe gevlug. Hy het afgegaan na die hawe in Joppe. Daar het hy ’n skip gehaal wat na Tarsis toe sou vaar. Hy het die reisgeld betaal en op die skip geklim om saam met hulle soontoe te vaar. Hy het van die Here af probeer wegkom.
JONA 1:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het die volgende boodskap vir Jona, die seun van Amittai, gegee: “Maak klaar en gaan na die groot stad Nineve toe! Praat ernstig met hulle, want Ek het hulle slegte lewenswyse raakgesien.” Maar Jona het in die teenoorgestelde rigting gegaan om van die HERE af weg te kom. Hy het afgegaan na die kus toe, na die hawe Joppe. Daar het hy ’n skip gekry wat Tarsis toe sou vaar. Hy het ’n kaartjie gekoop en aan boord gegaan. Jona het gehoop dat as hy in ’n westelike rigting gaan, hy van die HERE af sou wegkom.