JOËL 2:2
JOËL 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal daardie dag baie donker wees, die wolke sal swart wees. Die sprinkane sal soos baie en sterk soldate oral op die berge wees en hulle sal alles donker maak. Soos die lig in die oggend oor die berge kom, so sal die sprinkane oral op die berge wees. Daar was nog nooit so baie sprinkane nie en daar sal nooit weer so baie wees nie.
JOËL 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom 'n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.
JOËL 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
dié stikdonker dag, die dag van donker wolke waarop die groot sterk nasie oor die berge uitsprei soos die lig van die dagbreek uitsprei. Só 'n sterk nasie was daar nog nooit en sal daar nooit weer wees nie, selfs nie in die verste toekoms nie.
JOËL 2:2 Die Boodskap (DB)
Dit sal ’n donker, mistroostige dag wees. Swaar onweerswolke sal in die lug hang. Soos die dagbreek oor die berge verskyn, so skielik sal ’n groot swerm sprinkane verskyn. Hulle sal soos ’n leër soldate lyk. So iets vreesaanjaends is nog nooit voorheen gesien nie, en sal ook nooit weer gesien word nie.
JOËL 2:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is ’n dag van duisternis en donkerte, ’n dag met dik wolke en intense donkerte. ’n Magtige leër verskyn skielik oor die heuwels soos die lig van die dagbreek! Hoe geweldig groot en magtig is hulle nie! Niemand het nog ooit so iets gesien nie, en niemand sal ooit weer so iets sien nie.