YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JOB 5:8-9

JOB 5:8-9 Bybel vir almal (ABA)

Maar ek? Ek sal bid tot God wanneer dit sleg gaan met my, ek sal Hom vra om my te help. Hy doen groot dinge wat ons nie kan verstaan nie, Hy doen wonderwerke, meer as wat ons kan tel.

Deel
Lees JOB 5

JOB 5:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

MAAR wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê, aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal

Deel
Lees JOB 5

JOB 5:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

“As ek jý was, sou ek my tot God wend en my saak aan Hom voorlê. Wat God doen, is groot en ondeurgrondelik, wonder op wonder.

Deel
Lees JOB 5

JOB 5:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“Ek, daarenteen, sou God raadpleeg, aan God sou ek my saak voorlê, aan Hom wat groot en ondeurgrondelike dinge, ontelbare wonders, doen

Deel
Lees JOB 5

JOB 5:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Ek sou na God soek, en aan God sou ek my saak toevertrou: wat groot en ondeurgrondelike dinge doen; wonderlike dinge sonder getal

Deel
Lees JOB 5

JOB 5:8-9 Die Boodskap (DB)

Elifas het aangegaan en gesê: “Wat ek sou gedoen het as ek jy was, Job: ek sou na die Here toe gaan en my saak by Hom stel. Hy doen wonderlike dinge wat eintlik te groot is vir ons om te verstaan. Hy doen meer wonderwerke as waarmee ons ooit rekening kan hou.

Deel
Lees JOB 5

JOB 5:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“My raad aan jou is: Gaan na God toe en stel jou saak aan Hom. Wat God doen, is te groot om ooit te verstaan. Hy doen wonder op wonder.

Deel
Lees JOB 5
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's