JOB 41:1-11
JOB 41:1-11 Bybel vir almal (ABA)
Die krokodil is wreed wanneer jy hom wakker maak. “As mense bang is vir 'n krokodil, wie kan dan voor Mý bly staan? Alles op die aarde behoort aan My. Niemand kan sê dat Ek iets vir hom skuld nie. “Ek wil ook praat oor die liggaamsdele van die krokodil, en Ek wil praat oor hoe sterk en goed gebou hy is. Niemand kan hom van voor aanval en sy vel afslag nie, sy vel is soos 'n harnas. Niemand kan sy kakebene oopmaak nie, almal is bang vir sy tande. Die rye skubbe op sy rug lê vas teen mekaar, so vas dat die wind nie daardeur kan waai nie. Die skubbe is so vas teen mekaar dat niemand hulle kan losmaak van mekaar nie. Wanneer die krokodil nies, dan lyk dit soos vuurvlamme, en sy oë is so rooi soos die son vroeg in die oggend. Daar kom vuur uit sy bek, die vuurvlamme skiet uit sy bek. Daar kom stoom uit sy neusgate, soos uit 'n pot wat kook.
JOB 41:1-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
NIEMAND is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne. Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie. Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit — wie kan daarin deurdring? Die deure van sy gesig — wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking. 'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël. Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie. Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar. Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad. Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit. Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby.
JOB 41:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy is wreed as jy hom wakker maak. “Wie wil dan nog teen Mý standhou? Wie wil aan Mý eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die hemel behoort aan My. “Ek wil nog verder praat oor die krokodil, oor sy krag en sy liggaamsbou. Wie kan sy bek oopmaak? Wie kan met 'n toom naby sy tande kom? Wie kan sy kakebene oopbreek, sy kakebene met die verskriklike tande? Op sy rug lê die skubbe in rye vas aan mekaar gesluit: die een so teen die ander dat die wind nie daardeur kan waai nie; die een is vas aan die ander, hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie. As hy nies, spat die vonke, sy oë is so rooi soos die daeraad. Daar kom vuur uit sy bek, die vonke waai deur die lug. Daar trek rook uit sy neusgate, soos uit 'n kokende pot op 'n vuur.
JOB 41:1-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Niemand is so roekeloos dat hy hom sal wakker maak nie. En wie is die een wat dan voor My sal standhou? Wie het al teen My standpunt ingeneem, sodat Ek hom moes vergoed? Alles onder die hemel behoort aan My. Ek sal nie swyg oor sy ledemate, oor die saak van geweldige krag en sy mooi vorm nie. Wie het al sy bokleed afgestroop? En sy dubbele pantser – wie dring daardeur? Die deure van sy gesig, met sy verskriklike tande reg rondom – wie het dit al oopgemaak? Sy rug het rye skilde, hulle sit styf teen mekaar, dig verseël. Die een so na aan die ander, nie eers lug kan daartussen deurbeweeg nie. Hulle kleef aan mekaar, sluit so dig dat hulle nie geskei kan word nie. Wanneer hy nies, flits daar ligte, sy oë is soos die ooglede van die dagbreek. Uit sy bek kom fakkelligte, vuurvonke spat daaruit; uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n aangeblaasde, gloeiende kookpot.
JOB 41:1-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kan jy Leviatan met 'n haak uittrek? of sy tong met 'n tou wat jy laat sak? Kan jy 'n haak in sy neus steek? of sy kakebeen met 'n doring deurboor? Sal hy baie smekinge tot jou doen? sal hy sagte woorde met jou spreek? Sal hy 'n verbond met jou sluit? sal jy hom vir ewig as 'n dienskneg aanneem? Sal jy met hom speel soos met 'n voël? of wil jy hom vir jou diensmeisies bind? Sal die metgeselle 'n maaltyd van hom maak? sal hulle hom onder die handelaars verdeel? Kan jy sy vel vul met doringysters? of sy kop met visspiese? Lê jou hand op hom, dink aan die geveg, doen nie meer nie. Kyk, die hoop van Hom is tevergeefs; Niemand is so wreed wat dit waag om hom op te wek nie; wie kan dan voor my standhou? Wie het my verhinder, dat ek hom sou vergelde? alles wat onder die ganse hemel is, is myne.
JOB 41:1-11 Die Boodskap (DB)
“As niemand dit sal waag om die draak te pak nie, wie kan dan enigsins dink om My aan te vat? Wie wil My uitdaag en eise aan My stel? Alles op die aarde behoort aan My. “Ek wil nog verder praat oor die krag in die draak se bene en sy hele lyf. Wie kan deur sy dik, skubberige vel sny en wie kan sy vel aftrek? Wie kan sy kake ooptrek? Sy tande is iets vreesliks. Sy skubbe op sy rug lê styf teen mekaar en beskerm hom soos ’n skild. Hulle is so dig op mekaar dat lig nie eers tussenin kan kom nie. Die skubbe sluit so dig teen mekaar dat niks tussen hulle kan inkom nie. Hulle kan nie van mekaar losgemaak word nie. “As hy nies, sien ’n mens net vonke. Sy oë is so rooi soos die son wat in die oggend opkom. Vlamme en vonke kom by sy mond uit. By sy neus borrel rook uit. Dit lyk amper soos stoom wat by ’n pot uitborrel wat op ’n vuur staan.
JOB 41:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Omdat die krokodil so wreed is, sal niemand dit waag om hom wakker te maak nie. Wie sal dan teenoor My kan staan? Wie wil dan aan My eise stel dat Ek moet betaal? Alles onder die hemel behoort immers aan My. “Ek wil nog praat oor die krokodil se krag en sy ontsaglike liggaamsbou en sierlike vorm. Wie kan sy vel aftrek? Wie kan sy dik pantser deurboor? Wie waag om sy bek oop te ruk? Sy verskriklike tande maak jou bang! Sy skubbe vorm ’n skild op sy rug, dig aaneengeskakel. Hulle is so dig opmekaar; geen lug kom daardeur nie. Hulle sluit so dig opmekaar; hulle skakel inmekaar en kan nie geskei word nie. As hy nies, flits daar ligte. Sy oë is rooi soos die oggendson. Vuur kom uit sy bek, vonke skiet daaruit. Rook kom uit sy neusgate soos stoom uit ’n kokende pot op ’n vuur.