JOB 4:18-19 - Compare All Versions
JOB 4:18-19 ABA (Bybel vir almal)
Nee, God weet dat sy dienaars in die hemel nie altyd doen wat hulle moet doen nie, Hy weet dat sy engele ook foute maak. Die mense wat Hy gemaak het van klei en van stof, maak nog meer foute, 'n mens kan daardie mense plat druk soos motte.
JOB 4:18-19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling. Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.
JOB 4:18-19 AFR83 (Afrikaans 1983)
In sy hemelse dienaars stel Hy geen vertroue nie, voor Hom is selfs sy engele vol gebreke, hoeveel te meer hulle wat in huise van klei woon, mense wat uit stof opgebou is, mense wat soos 'n mot pap gedruk kan word.
JOB 4:18-19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, as Hy selfs in sy dienaars nie sy vertroue stel nie, en sy boodskappers blameer vir dwaling, hoeveel te meer geld dit dan hulle wat in huise van klei woon, met fondamente in die stof? Vinniger as 'n mot word hulle platgetrap.
JOB 4:18-19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, hy het nie op sy dienaars vertrou nie; en sy engele het Hy met dwaasheid bevel gegee: Hoeveel minder by die wat in kleihuise woon, wie se fondament in die stof is, wat fyngedruk word voor die mot?
JOB 4:18-19 DB (Die Boodskap)
Die Here kan nie eers sy eie werkers vertrou nie. Hy sien selfs die foute raak wat sy engele maak. Hoeveel minder kan Hy mense vertrou wat van klei gemaak is! En klei is eintlik niks anders as stof nie. Hulle kan soos motte platgedruk word.
JOB 4:18-19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Selfs sy eie hemelse dienaars kan God nie vertrou nie. Selfs sy boodskappers is voor Hom vol gebreke. Hoe kan Hy ons vertrou wat van klei gemaak is? Ons is van stof gemaak, en word papgedruk, so maklik soos ’n mot.