JOB 4:14 - Compare All Versions

JOB 4:14 ABA (Bybel vir almal)

Ek het geskrik en ek het bang geword, my hele liggaam het gebewe.

JOB 4:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.

JOB 4:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

Vrees en angs het my oorval, my liggaam het verskriklik gebewe.

JOB 4:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

het vrees en bewing my beetgepak en my hele liggaam laat sidder.

JOB 4:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Vrees het oor my gekom en bewing, wat al my gebeente laat bewe het.

JOB 4:14 DB (Die Boodskap)

Angs het my beetgepak. Ek het geskud en gebewe so bang was ek.

JOB 4:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek was bang. Ek het gebewe van die skok.