JOB 26:5-6
JOB 26:5-6 Bybel vir almal (ABA)
“Die geeste bewe daar onder die water, die geeste van die mense wat gesterf het. God sien wie in die doderyk is, niemand kan in die onderwêreld wegkruip vir Hom nie.
JOB 26:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan. Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie
JOB 26:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dié wat reeds dood is, bewe, die doderyk en al sy bewoners. Die plek van die dood lê oop voor God, niks bedek die doderyk vir Hom nie.
JOB 26:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Die skimme krimp ineen – dié wat onder die water is, en dié wat daarin woon. Die •doderyk staan naak voor Hom; daar is geen bedekking vir die onderwêreld nie
JOB 26:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dooie dinge word onder die waters gevorm, en die bewoners daarvan. Die hel is naak voor hom, en die verderf het geen bedekking nie.