JOB 26:11 - Compare All Versions

JOB 26:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die pilare van die hemel skud, hulle sidder vir sy dreigende woede.

JOB 26:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.

JOB 26:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die fondamente van die hemel bewe, hulle is verstom as Hy hulle bestraf.

JOB 26:11 DB (Die Boodskap)

Die pilare waarop die hemel staan, sidder en bewe vir sy kwaai woorde.

JOB 26:11 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer God kwaai praat, dan skud en bewe die pilare waarop die hemeldak staan.

JOB 26:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die pilare van die hemel wankel en staan verslae deur sy dreiging.

JOB 26:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die pilare van die hemel bewe en is verstom oor sy teregwysing.