JOB 23:11-12
JOB 23:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gelewe soos Hy wil hê, ek het aangehou om te loop op sy pad, ek het nie op 'n ander pad geloop nie. Ek het gehoorsaam gebly aan alles wat Hy gesê het, ek het altyd onthou dat Hy besluit wat met my sal gebeur.”
JOB 23:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai. Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.
JOB 23:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie. Sy bevel verontagsaam ek nie, ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.
JOB 23:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In sy spoor het my voete gebly; by sy pad het ek gehou, en nie afgedraai nie. Die opdrag van sy lippe – daaraan het ek my nie onttrek nie; in die vou van my kleed het ek die woorde uit sy mond in bewaring gehou.
JOB 23:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My voet het sy voetstappe vasgehou, sy weg het ek gehou en nie afgewyk nie. En ek het nie teruggedraai van die gebod van sy lippe nie; Ek het die woorde van sy mond meer geag as my nodige voedsel.