YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JOB 22:21-22

JOB 22:21-22 Bybel vir almal (ABA)

Job, jy moet vrede maak met God, dan sal dit weer goed gaan met jou. Jy moet luister na wat Hy vir jou sê, jy moet dit goed onthou.

Deel
Lees JOB 22

JOB 22:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

Deel
Lees JOB 22

JOB 22:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

“Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê. Laat Hy jou leer en neem sy woorde ter harte.

Deel
Lees JOB 22

JOB 22:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“As jy jou maar met Hom versoen, sal jy daardeur vrede hê; dan sal die goeie weer na jou toe kom. Aanvaar tog die onderrig uit sy mond, en hou sy woorde in jou hart.

Deel
Lees JOB 22

JOB 22:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Maak jouself nou bekend met hom en wees in vrede: daardeur sal die goeie oor jou kom. Ontvang tog die wet uit sy mond, en bêre sy woorde in jou hart.

Deel
Lees JOB 22

JOB 22:21-22 Die Boodskap (DB)

Elifas het vir Job gesê: “Gee nou bes en raak nou rustig. Eers dan sal dit beter met jou begin gaan. Laat die Here jou leer en vat wat Hy sê, ernstig op.

Deel
Lees JOB 22

JOB 22:21-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan. Luister na sy voorskrifte en bêre hulle in jou hart.

Deel
Lees JOB 22
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's