JOB 19:11 - Compare All Versions

JOB 19:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy laat sy woede teen my losbreek, Hy behandel my as vyand.

JOB 19:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.

JOB 19:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sy toorn brand teen my. Hy beskou my as sy vyand.

JOB 19:11 DB (Die Boodskap)

Die Here is woedend kwaad vir my. Hy maak asof ek sy vyand is.

JOB 19:11 ABA (Bybel vir almal)

God is baie kwaad vir my, Hy maak of ek sy vyand is.

JOB 19:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het sy toorn teen my laat ontbrand, my as een van sy teenstanders beskou.

JOB 19:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy het ook sy toorn teen my aangesteek en my vir hom gereken as een van sy vyande.