JOB 12:7-9
JOB 12:7-9 Bybel vir almal (ABA)
“Maar jy moet vir die diere vra, hulle sal vir jou leer, die voëls sal dit vir jou sê, jy moet vir die plante op die grond vra, hulle sal vir jou leer, die visse sal dit vir jou sê. Hulle almal weet dat die Here hierdie dinge laat gebeur
JOB 12:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
JOB 12:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Miskien moet jy die diere vra om jou te leer, die voëls daarbo om jou te vertel, of praat met die aarde dat dit jou leer en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê. Wie van hulle weet nie almal dat die hand van die Here alles gemaak het nie?
JOB 12:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Maar gaan vra gerus die diere – hulle sal jou leer, en die voëls van die hemel – hulle sal jou inlig. Of gaan kla by die aarde, wat jou sal leer; die visse van die see sal jou vertel. Wie onder hulle almal weet nie dat die hand van die HERE dit gedoen het nie?
JOB 12:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar vra nou vir die diere, en hulle sal jou leer; en die voëls van die hemel, en hulle sal jou vertel: Of spreek met die aarde, en dit sal jou leer, en die visse van die see sal jou vertel. Wie weet nie in al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit bewerk het nie?
JOB 12:7-9 Die Boodskap (DB)
Job het gesê: “Gaan gerus na die diere en die voëls in die lug: hulle kan julle baie leer en vertel. Gaan praat met die aarde. Die aarde het baie om julle te leer. Die visse in die see het ook baie om julle te vertel. Hulle weet almal dat die Here alles gemaak het.