JOB 11:7-9
JOB 11:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Kan jy uitvind hoe groot God is, kan jy uitvind of daar 'n plek is waar die Allerhoogste God nie regeer nie? Jy kan soek, hoër as die hemel, dieper as die doderyk, maar jy sal nie kan uitvind hoe groot God is nie. Jy sal dit ook nie kan uitvind as jy verder soek as die aarde en die see nie.
JOB 11:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KAN jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige? Hoogtes van die hemel is dit — wat kan jy doen? Dieper as die doderyk — wat kan jy weet? Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
JOB 11:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Kan jy begryp wie God werklik is? Kan jy die Almagtige ten volle verstaan? Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jý daarby uitkom? Dit is kennis wat dieper is as die doderyk. Hoe kan jy dit bereik? Dit strek verder as die aarde, wyer as die see.
JOB 11:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kan jy die geheimenisse van God ontrafel, of tot die volmaaktheid van die Almagtige deurdring? Dit is hoër as die hemel – wat kan jy vermag? Dit is dieper as die •doderyk – wat kan jy weet? Langer as die aarde is die maat daarvan, en breër as die see.
JOB 11:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kan jy God deur soektog uitvind? kan jy die Almagtige tot volmaaktheid uitvind? Dit is so hoog soos die hemel; wat kan jy doen? dieper as die hel; wat kan jy weet? Sy maat is langer as die aarde en breër as die see.
JOB 11:7-9 Die Boodskap (DB)
“Dink jy jy verstaan wie God regtig is en wat Hy doen? God se mag is geweldig groot. Dink jy dat jy verstaan hoe magtig Hy regtig is? Die hemel is baie hoog. God is nog baie hoër as dit. So ook sy kennis. Jy kan nie daarby uitkom nie. En die doderyk is verskriklik diep. Sy kennis en insig is nog dieper as dit ook. Dit is nie iets wat jy sal kan verstaan nie. Dit is baie breër as die aarde en wyer as die see.
JOB 11:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Kan jy die geheime van God ontrafel? Kan jy alles ontdek wat daar is om te weet van die Almagtige? Daardie kennis is hoër as die hemel. Wie is jy om daaroor te praat? Daardie kennis is dieper as die doderyk. Wat kan jy weet in vergelyking met Hom? Dit is groter as die aarde en breër as die see.