JOB 1:7 - Compare All Versions
JOB 1:7 ABA (Bybel vir almal)
Die Here het vir die Satan gevra: “Waar was jy?” Die Satan het gesê: “Ek het oral op die wêreld rondgegaan.”
JOB 1:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
JOB 1:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die Here: “Ek het die wêreld deurkruis.”
JOB 1:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die HERE sê toe vir die satan: “Waar kom jy vandaan?” Die satan het die HERE geantwoord; hy het gesê: “Van rondswerf op die aarde en daar rondloop.”
JOB 1:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het vir die Satan gesê: Waar kom jy vandaan? Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Van heen en weer op die aarde en van heen en weer daarin wandel.
JOB 1:7 DB (Die Boodskap)
Die Here het vir hom gevra: “Waar kom jy vandaan?” Satan het geantwoord: “Ek het heen en weer en kruis en dwars oor die aarde rondgegaan.”
JOB 1:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Waar was jy heeltyd?” vra die HERE vir die aanklaer. Die aanklaer antwoord die HERE: “Ek het heen en weer oor die aarde gereis en gekyk wat daar aangaan.”