JOB 1:5
JOB 1:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ná so ’n partytjie, wat soms vir ’n hele paar dae aangehou het, het Job sy kinders gereinig. Dan het hy vroegoggend opgestaan en vir elkeen van hulle ’n brandoffer gebring. “Miskien het my kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek.” So het Job elke keer gedoen.
JOB 1:5 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n partytjie verby was, dan het Job vir sy kinders laat weet dat hulle hulleself moet wy. Hy het vroeg opgestaan en hy het vir elke kind 'n brand-offer gebring, want hy het gedink: Miskien het my kinders sonde gedoen en vir God vervloek. Job het dit altyd gedoen wanneer 'n partytjie verby was.
JOB 1:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen.
JOB 1:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ná so 'n reeks partytjies het Job dan sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig, en vroeg die môre het hy vir hulle almal 'n brandoffer gebring, “want,” het Job gesê: “miskien het my kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek.” Job het dit elke keer gedoen.
JOB 1:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer die feesdae verby was, het Job hulle laat haal en hulle geheilig. Hy het vroeg in die môre vir elkeen van hulle 'n •brandoffer gebring; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle harte gevloek. Job het dit elke keer gedoen.
JOB 1:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die dae van hulle feesmaal verby was, het Job gestuur en hulle geheilig en die môre vroeg opgestaan en brandoffers gebring volgens hulle almal se getal; want Job het gesê: Dit is moontlik dat my seuns het gesondig en God vervloek in hulle harte. So het Job voortdurend gedoen.
JOB 1:5 Die Boodskap (DB)
Hierdie partytjies het partykeer ’n paar dae aangehou. Ná so ’n fees was Job altyd bekommerd dat sy kinders dalk iets verkeerds gedoen het. Hy was bang dat hulle dalk iets gedoen of gedink het wat God sou kon beledig. Hy het hulle laat haal en dan gesorg dat hulle regmaak teenoor die Here wat verkeerd is. Hy sou vroeg in die môre opstaan en namens elkeen van sy kinders ’n offer aan die Here bring. Hy wou hulle posisie reg hou by die Here. Job het dit na elke partytjie gedoen.