JOB 1:3
JOB 1:3 Bybel vir almal (ABA)
Hy het 7 000 skape en bokke gehad, 3 000 kamele, 1 000 beeste, 500 donkies en baie slawe. Hierdie man was ryker as al die Oosmense.
JOB 1:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee en drieduisend kamele en vyfhonderd paar beeste en vyfhonderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.
JOB 1:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
en was ook die eienaar van sewe duisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, vyf honderd paar trekosse, vyf honderd donkies en baie slawe. Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man.
JOB 1:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het seweduisend stuks kleinvee, drieduisend kamele, vyfhonderd pare beeste, vyfhonderd donkiemerries en 'n besondere groot werksmag gehad. Hierdie man was meer vermoënd as enigiemand in die ooste.
JOB 1:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy besitting was sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd esels en 'n baie groot huisgesin; sodat hierdie man die grootste was van al die manne van die Ooste.